|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
15 ml botter
1 ui, gerasper
1 x 250 g pak spekvleis, baie fyngesnipper
15 ml koekmeel
60 ml melk
6 eiers, geklits
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml gerasperde cheddarkaas
30 ml gekapte, vars pietersielie
Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die botter in ’n pan en braai die uie en spek daarin tot gaar. Sprinkel die koekmeel oor en verhit tot die mengsel borrel. Voeg die melk by en roer goed tot dit begin kook.
Verwyder van die hitte en voeg die eiers bietjie vir bietjie by, terwyl jy roer. Geur met sout en peper en roer die kaas en pietersielie by. Gooi in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 35-40 minute tot goudbruin en ferm. Laat vir tien minute afkoel en sit warm voor. Lewer ses porsies.
30 Maart 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek het lus gekry vir die tert tot ek gesien het daar is kaas in en ek is allergies daarvoor!
Sjoe, hierdie lyk na wenner. Stukkies aartappel kan ook bygevoeg word....raai wat eet my vrou vanaand?
Tyd is kosbaar ek werk skofte en verwelkom die resep en ek stem saam Tuna kan ook seker werk.
Dit klink heerlik, gaan dit sommer gou probeer
Ek gaan ontbyt maak, verskoon my!!!!!!
The name and address I have given is corect I am in Portugal. It looks good I am going to try it thank you.
Dit klink heerlik jong ! Sal dit as ligte ete sa met slaai voorsit. Ja tuna sal net so lekke smaak
Lekker spek gereg resep
Klink baie lekker, ek sal dit beslis probeer
Is seker hierdie resep sal met 'n blikkie tuna ook werk - korslose tunatert!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)