Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Kuier-om-die-kostafel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kuier om die kostafel

ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Die vakansie is hier en dis tyd vir luilekker kuier saam met vriende en familie. Hou Francois Ferreira se kookboek, Kuierkos, byderhand vir inspirasie en geniet sy lekker resepte saam met die mense na aan jou hart.

Mossels in witwyn

Niks spel somervakansie soos vars seekos nie. Francois raai aan dat dié mossels met brosgebraaide aartappelskyfies en tuisgemaakte mayonnaise voorgesit word.

2,5 kg mossels

1 knoffelhuisie

1 ui

40 g botter

250 ml droë witwyn

3 selderystingels met blare

Sout en peper

Gekapte, vars pietersielie

Maak vars mossels deeglik skoon deur hulle verskeie kere in vars water te was om van al die sand ontslae te raak en seker te maak dat die skulpe dig toe is. Plaas die mossels saam met al die bestanddele, behalwe die pietersielie, in 'n groot kastrol, verhit tot kookpunt en kook ongeveer vyf minute tot die skulpe oopgaan. Skep dadelik saam met die aftreksel in bakke en strooi die pietersielie oor.

Genoeg vir vyf mense.

Kaassouflé

25 g botter

12 g koekmeelblom

150 ml melk

Sout en peper na smaak

3 eiergele

100 ml beleë cheddarkaas

Paprika

4 eierwitte

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer 'n no. 2-souffleskottel of vier ramekins. Bind 'n papierkraag buite-om vas. Smelt die botter in 'n kastrol, roer die meel in en giet die melk geleidelik by. Geur baie goed en laat effens afkoel. Voeg die eiergele een op 'n slag by en roer goed na elke byvoeging. Voeg die kaas en paprika by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou versigtig by die kaasmengsel in. Skep dadelik in die souffléskottel of ramkins en bak vir 20-30 minute tot die verlangde gaarheid. Party mense hou daarvan sag en loperig, ander weer donker en stewig. Sit dadelik voor.

Genoeg vir vier mense.

Caponata

'n Italiaanse voorgereg of antipasto. Heerlik met vars, korserige brood.

4 klein eiervrugte, in blokkie gesny

Sout

125 ml olyfolie

2 groot uie, in dun skyfies gesny

2 groot knoffelhuisies, fyn gedruk

4 selderystingels, in dun skyfies gesny

500 g tamaties, ontvel en in blokkies gesny

45 ml tamatiepuree

50 ml water

15 ml kappertjiesaad

50 g onpitte swartolywe, gekapv
90 ml rooiwynasyn

15 ml suiker

50 g dennepitte

As die eiervrugte jonk en vars is, is dit nie nodig om hulle vooraf met sout te bestrooi nie. As die skil nie ferm is nie, maar kreukelrig, sit dit liefs in 'n vergiettes en strooi sout oor. Laat ongeveer 30 minute dreineer. Spoel daarna deeglik af en druk droog met 'n papierhandoek.

Hou 30 ml olyfolie eenkant en verhit die res in 'n diep braaipan. Voeg die eiervrug by en braai tot sag en bruin. Skep met 'n gleuflepel uit die pan en laat dreineer op papierhandoek. Verhit die 30 ml olyfolie in die pan. Voeg die ui, knoffel en seldery by en braai tot ligbruin. Roer die tamaties in en laat ongeveer 3 minute prut. Voeg die tamatiepuree en water by, verhit tot kookpunt, bedek en laat vir 15 minute prut. Voeg die kappertjies, olywe, asyn en suiker by die tamatiemengsel en roer goed. Voeg die eiervrug by en laat 20 minute prut terwyl af en toe geroer word. Verwyder van die stoof, roer die dennepitte by, laat afkoel en sit koud voor.

Genoeg vir ongeveer ses mense.

Appeltert

Kors

125 ml strooisuiker

125 g botter

5 ml bakpoeier

300 ml koekmeel

75 ml mieliemeel

1 ml sout

1 eier, geklits

Vulsel

1 x 500 g blik tertappels

60 ml pitlose rosyne, korente of sultanas

5 ml gemaalde kaneel

5 ml gemaalde, gemengde speserye

125 ml strooisuiker

Versiersuiker om oor te sif

Voorverhit die oond tot 180 °C. Room die strooisuiker en botter goed. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die geklitste eier by die geroomde mengsel. Voer 'n gesmeerde tertbak met twee derdes van die deeg uit. Meng al die vulselbestanddele en skep dit in die rou tertkors. Rasper die res van die deeg bo-oor. Bak vir 30 minute in die voorverhitte oond. Bestuif voor opdiening met 'n bietjie versiersuiker.

Genoeg vir agt mense.

Francois Ferreira, bekende en geliefde Suid-Afrikaanse kospersoonlikheid en sjef, bring met sy kookboek, Kuierkos, ure se kosplesier na ons kombuise en tafels. Die boek is 'n kombinasie van onverganklike disse wat ons herinner aan die kombuise waarin ons ma's en oumas die septer geswaai het, en blaas ook nuwe lewe in van die ou gunstelinge. Daar is meer as 130 heerlike resepte en waardevolle inligting oor kosvoorbereidingstegnieke. Terme word ook verduidelik wat 'n mens altyd laat kopkrap as jy deur ander resepteboeke blaai. Francois se persoonlike aanslag en vertellinge waarmee hy elke resep inlei, maak die boek net nog meer spesiaal. Kuierkos word deur Human & Rosseau uitgegee en kos R140. Dis by alle toonaangewende boekwinkels beskikbaar.

20 Desember 2005

Rotasie blok

 
0
 
 
  • 2450 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Petisie oor plaasmoorde
  • Ratels aan die beweeg
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction