|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Met ons onlangse besoek aan die pragtige Suid-Kaap het kosredakteur CATHY JOUBERT die volgende verleidelike disse by dié omgewing se boervroue versamel. Hou ook gerus toekomstige uitgawes dop vir meer resepte uit die distrik George.
Gesondheids- of diabetiese beskuit
1 kg bruismeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
4 x 250 ml semels
125 ml klapper
125 ml rosyne of sultanas
500 g margarien
500 ml karringmelk
3 ekstra groot of 4 klein eiers
20 sacharienpilletjies of 4? teelepels
natreenversoeter
30 ml bruinsuiker
Stel die oond op 180°C. Smeer twee rolkoekpanne 40 x 30 cm of een broodpan.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die semels, klapper en sultanas by en meng. Vryf die botter of margarien met die vingerpunte in die meelmengsel in. Klits die res van die bestanddele saam, voeg by droë bestanddele en meng. Skep in voorbereide pan(ne). Smeer gelyk met spaan. Indien rolkoekpanne gebruik word: Doop die spaan in 'n bietjie water en sny die deeg in vierkante of langwerpig.
Bak sowat 30 - 45 minute tot gaar. Laat afkoel op draadrak. Breek los deur met 'n vurk op snymerke te steek en droog in 'n koel oond.
Lewer sowat 60 beskuitvingers.
Pampoen en Sampioengereg
15 - 30 ml botter
1 groot ui, opgekap
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 medium botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
750 ml murgpampoentjies, in skyfies gesny
1 pakkie (84 g) wit uiesop
250 ml vars room
Stel die oond op 180°C. Verhit die botter en soteer die ui en sampioene daarin tot deurskynend. Smeer 'n vuurvaste bak en pak die botterskorsie, sampioenmengsel en murgpampoentjie in lae. Sprinkel die helfte van die soppoeier oor. Herhaal en giet die room heel laaste oor. Bedek die bak en plaas in voor verhitte oond. Bak sowat 1 uur of tot gaar.
Hoender-paella
Gebruik 'n skottelskaarbraai oor 'n gasvlam of 'n groot pan op die stoof vir dié heerlike dis.
15 ml olyf- of kookolie
15 ml botter
8 ontvelde hoenderborsies, in repe gesny
1 huisie knoffel, gepers
1 ui, in ringe gesny
1 van elk groen en geel soetrissies, in ringe gesny
250 g sampioene, in skyfies gesny
250 ml droë wit wyn
1 blik (410 g) heel tamaties, opgekap
250 ml rou rys
tiemie en peper na smaak
10 ml soet rissiesous
10 ml sout
750 ml hoender-aftreksel (2 x hoenderblokkies in kookwater opgelos)
250 ml bevrore ertjies
vars pietersielie
Verhit die olie en botter saam. Plaas die hoender daarin en verbruin liggies saam met die knoffel. Voeg die ui, soetrissie en sampioene by en soteer tot deurskynend. Voeg die res van die bestanddele - behalwe die ertjies - by. Laat stadig prut tot die rys gaar is. Roer dan die ertjies by. Laat prut tot ertjies deurwarm is. Dien op met vars groenslaai en brood.
Pampoen-en-sampioen-gereg
15 - 30 ml botter
1 groot ui, opgekap
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 medium botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
750 ml murgpampoentjies, in skyfies gesny
1 pakkie (84 g) wit uiesop
250 ml vars room
Stel die oond op 180°C. Verhit die botter en soteer die ui en sampioene daarin tot deurskynend. Smeer 'n vuurvaste bak en pak die botterskorsie, sampioenmengsel en murgpampoentjie in lae. Sprinkel die helfte van die soppoeier oor. Herhaal en giet die room heel laaste oor. Bedek die bak en plaas in vooraf verhitte oond. Bak sowat een uur lank of tot gaar.
31 Mei 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24