Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Laat-monde-water-met-maalvleis

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Laat monde water met maalvleis

Deur ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Met 'n pakkie of twee maalvleis byderhand kan jy heerlike etes op die tafel sit - sonder om te veel geld te bestee.

Vleisbroodjie

125 ml bruinrys

1 ui, gerasper

400 g beesmaalvleis

1 groot wortel, fyn gerasper

4 pikantrissies, fyn gekap

1 wiel fetakaas, fyn gekrummel

30 ml tamatiesous

15 ml worcestersous

1 groot eier, geklits

30 ml vars pietersielie, gekap

500 ml kersietamaties

Kook die rys tot gaar en hou eenkant. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer 'n broodpan van 10 cm x 18 cm goed. Voer uit met bakpapier en laat die papier oor die kante van die pan hang. Meng die gaar rys, ui, maalvleis, wortel, pikantrissies, fetakaas, tamatiesous, worcestersous, eier en kruie baie goed saam. Skep in die pan en druk goed vas. Bedek met foelie en bak vir 60 minute tot ferm. Laat staan vir 10 minute. Terwyl die vleisbroodjie staan, braai die kersietamaties in 'n groot pan in 'n bietjie olyfolie tot dit oopbars. Geur met seesout en peper. Haal die vleisbroodjie uit die pan en skep die tamaties bo-op voor dit gesny word. Genoeg vir 6 - 8 mense.

Lamsvleisfrikkadelle in growwe tamatiesous

1 dik sny witbrood, korsies afgesny

1 kg gemaalde lamsvleis

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

5 ml pimento (wonderpeper)

5 ml fyn komyn

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

15 ml tiemieblaartjies, gekap

Olyfolie, vir braai

Tamatiesous

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

45 ml olyfolie

30 ml tamatiepuree

Groot handvol basielkruid, gekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties

150 ml rooiwyn

50 ml rooiwyn-asyn

Sout, peper en suiker na smaak

Verwerk die brood in 'n voedselverwerker tot fyn krummels. Meng met die lamsvleis, ui en knoffel. Voeg die speserye, sout en peper, asook tiemie by en meng goed deur met jou hande. Vorm kleinerige frikkadelle en braai in olyfolie tot liggoudbruin. Hou eenkant. Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vir die sous:

Braai die uie en knoffel in die olie tot die uie sag is. Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt. Prut vir 10 minute tot effens afgekook. Geur na smaak. Giet die sous in 'n oondbak en pak die frikkadelle daarin. Bak vir 30 minute. Sit voor met fynaartappel, spaghetti of polenta en 'n groenslaai. Genoeg vir agt mense.

Ekonomiese maalvleiskerrie

30 ml olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

10 ml kerriepoeier

5 ml koljander

5 ml komyn

650 g beesmaalvleis

1 blik (410 g) gekapte tamaties

Sout en peper na smaak

500 ml bevrore ertjies

Verhit die olie en braai die ui en knoffel daarin tot gaar. Voeg die kerriepoeier, koljander en komyn by en braai vir 1 inuut. Voeg die maalvleis by en braai tot goudbruin. Voeg die tamaties by en geur met sout en peper na smaak. Verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer sewe minute. Voeg die ertjies by en prut vir 'n verdere 3 - 5 minute. Sit voor op rys of met 'n roti en bedien met salsa. Genoeg vir 4 - 6 mense.

Varkvleislasagne

Vleissous

30 ml olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper

500 g varkmaalvleis

Sout en peper na smaak

1 blik (410 g) gekapte tamaties

125 ml sjerrie

30 ml soet rissiesous

30 ml varsgekapte pietersielie

1 pak lasagnevelle

125 ml gerasperde mozzarella

125 ml gekrummelde feta

125 ml room

Verhit olie en braai ui, knoffel en spek tot gaar. Voeg varkvleis by en braai tot gaar. Voeg tamaties, sjerrie en rissiesous by en prut vir 25 minute. Geur na smaak en voeg kruie by. Skep dun lagie van vleissous onder-in 'n gesmeerde oondbak van 18 cm x 28 cm. Pak 'n lagie lasagnevelle bo-op, gevolg deur nog 'n dun lagie vleissous. Drup 'n klein bietjie room oor en pak nog 'n laag lasagnevelle op. Herhaal proses en eindig met 'n lagie vleissous. Meng kase en sprinkel oor. Drup orige room oor en laat staan vir 30 minute. Voorverhit oond tot 180 °C en bak lasagne vir 30 - 40 minute tot goudbruin. Laat staan vir 10 minute. Sit voor met brood en slaai. Genoeg vir ses mense.

Landbouweekblad, 22 Augustus 2008

Rotasie blok

 
5
 
 
  • 3925 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bloktoetse en omrekenaar
  • Resessie sal landbou nou eers tref
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction