Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Maak-die-blikke-vol

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Maak die blikke vol!

ARINA DU PLESSIS

Landbouweekblad-koekies

Dié koekies het 'n storie... Die resep is 'n paar weke gelede persoonlik en per hand deur 'n jong boer by ons toetskombuis afgelewer - al die pad van die plaas Tafelberg naby Fraserburg. Jaco Marais vertel sy ma Elise het dié resep baie jare gelede in Landbouweekblad gekry en sedertdien was daar altyd 'n voorraad in hul huis vir teetyd. Hulle het dit Landbouweekblad-koekies gedoop en dit is tot vandag sy gunsteling. Ek het dit getoets en ná die foto's geneem is, het dit binne tellings verdwyn. Ons stem saam - vir sulke lekker koekies kan 'n man maar 'n paar kilometer ry!


2 eiers, liggies geklits

225 g botter

450 g versiersuiker, gesif

1 ml sout

30 ml kakao

5 ml vanieljegeursel

1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gedruk


Smeer 'n vierkantige koekpan van 20 cm x 20 cm en voer die bodem uit. Smelt die botter en sif die versiersuiker, sout en kakao oor. Meng goed. Roer die geklitste eiers by en hou aan roer tot verdik. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel en Tennisbeskuitjiekrummels by tot goed gemeng. Skep in die pan, smeer egalig en verkoel tot stewig. Sny in blokkies en bêre in 'n lugdigte houer in die yskas. Lewer 35 blokkies.

Lemoenroomkoekies

750 ml koekmeelblom

2 ml bakpoeier

250 g botter of margarien

250 ml strooisuiker

1 eier

5 ml fyn gerasperde, vars lemoenskil

60 ml lemoensap


Versiersel

250 ml versiersuiker, gesif

45 ml sagte botter

5 ml fyn gerasperde, vars lemoenskil

Ongeveer 45 ml vars lemoensap


Sif die meel en bakpoeier saam. Verroom die botter of margarien en strooisuiker saam tot lig en romerig en voeg die eier en lemoenskil by. Voeg die meel by die bottermengsel saam met die lemoensap en maak aan tot 'n deeg. Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir 30 minute. Maak intussen die versiersel: Meng die versiersuiker en botter goed. Voeg die lemoenskil by. Voeg die lemoensap bietjie vir bietjie by tot 'n sagte, smeerbare versiersel gevorm is. Verkoel tot benodig.

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 'n paar bakplate met bakpapier uit. Rol die deeg 2 mm dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak en druk vorms uit. Pak op die bakplate en bak vir 10-15 minute tot liggoudbruin. Laat afkoel en plak opmekaar met die lemoenversiersel. Laat staan tot stewig en bêre in lugdigte houers.

Lewer ongeveer 20 dubbelkoekies.


Klapper-en-kersiekoekies

250 g sagte botter

200 ml suiker

30 ml gladde maaskaas

5 ml vanieljegeursel

125 ml rooi glanskersies, gesnipper

250 ml pekanneute, gekap

650 ml koekmeelblom

125 ml klapper

Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die maaskaas en vanieljegeursel by tot goed gemeng en roer die kersies en neute by. Voeg die meel by en meng tot 'n deeg. Vorm in 'n lang wors en draai toe in kleefplastiek. Verkoel vir sowat 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 'n paar bakplate met bakpapier uit. Rol die deegwors in die klapper (as die klapper afval, verf die deeg met geklitste eier). Sny in wiele en rangskik op die bakplaat. Bak vir 12-15 minute tot liggoudbruin. Lewer ongeveer 50 koekies.


Gemmer-en-vrugtevingers

Deeg

125 g botter

125 ml suiker

500 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

2 ml sout

Bolaag

2 eiers, liggies geklits

150 ml ligbruinsuiker

200 ml pitlose rosyne

80 ml ingelegde gemmer, gekap

100 ml haselneute, gerooster, afgedop en gekap

250 ml growwe klapper

5 ml bakpoeier

5 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n koekpan van 20 cm x 20 cm met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verroom die botter en suiker saam tot lig en romerig. Meng die meel, bakpoeier en sout by tot 'n deeg vorm en druk dit eweredig op die bodem van die koekpan. Bak vir 5 minute. Verwyder uit die oond. Klits die eiers en suiker saam. Roer die rosyne, gemmer, neute, klapper, bakpoeier en vanieljegeursel saam en skep op die halfgaar basis. Bak vir 'n verdere 30 minute of tot ferm. Laat afkoel en sny in vingers. Lewer ongeveer 30 koekies.

9 Desember 2005

Rotasie blok

 
0
 
 
  • 2116 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Volstruisbedryf kan weer uitvoer
  • Waarde van byvoordele misken
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction