|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
250 ml klapper-masala
15 ml olie
2 uie, gesny
4-5 kerrieblare
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
5 cm vars gemmer, gerasper
5 ml droë brandrissies
5 ml koljander
2 ml borrie
500 g hoenderstukke
Sout na smaak
Tuisgemaakte hoenderaftreksel
Vir klapper-masala: Braai ½ gerasperde ui, 4 kerrieblare, 4 gekapte knoffelhuisies, 2 gekapte brandrissies, 1 kaneelstok, 15 ml koljandersaadjies, 3 heel naeltjies en 3 kardamompeule in olie tot geurig en gaar. Voeg 250 ml klapper by en braai tot goudbruin. Verwyder van hitte en roer 2 ml borrie by. Die masala kan net so gebruik word of in ’n voedselverwerker verwerk word tot glad.
Vir kerrie: Verhit olie en braai uie en kerrieblare tot uie sag is. Voeg knoffel, gemmer, rissie, koljander en borrie by. Voeg hoenderporsies by (jy kan dit kleiner sny) en geur met sout. Bedek met hoenderaftreksel en prut tot hoender gaar is en van bene val. Voeg klappermasala by en roer deur. Verhit tot kookpunt en prut vir 15 minute. Sit voor op basmati-rys met sambals en vars koljanderblare. Genoeg vir vier mense.
Landbouweekblad, 24 Julie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)