Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Mediterreense kaasburgers

Mediterreense kaasburger. Foto: NEVILLE LOCKHART
Mediterreense kaasburger. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

250 g beesmaalvleis
250 g varkmaalvleis
½ ui, gerasper
3 knoffelhuisies, fyn gekap
100 g groen- en calamata-olywe, ontpit en fyn gekap
30 g basiel, fyn gekap
1 eier
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml (½ k) fyngerasperde cheddar
125 ml (½ k) fyngerasperde parmesaankaas
60 ml (¼ k) gekrummelde bloukaas
1 wiel fetakaas, fyn gekrummel

Meng die twee soorte maalvleis, ui, knoffel, olywe, basiel, eier, sout en peper saam met jou hande tot alles goed deurgemeng is. Verkoel vir 15 minute. Vorm in ses ewe groot balle en druk effens plat. Meng ál die kase saam. Maak ’n insnyding in elke vleiskoekie en skep ’n groot lepel of twee van die kaasmengsel daarin. Druk die vleiskoekie toe en braai in ’n pan met ’n bietjie olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. (As die vleiskoekies effens dik is en lyk of dit wil brand voor dit deurgaar is, haal uit die pan en bak teen 180 °C vir sowat 15-20 minute tot gaar na smaak.) Sit voor op rolletjies met blaarslaai of kruie, tamaties en gebraaide uie. Lewer ses porsies.

Landbouweekblad, 5 Februarie 2010

Rotasie blok

 
0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.