Mosterd-en-parmesaankrummeltjops

Mosterd-en-parmesaankrummeltjops. Foto: NEVILLE LOCKHART
Mosterd-en-parmesaankrummeltjops. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

6 varktjops
Sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml Dijon- of heelkorrelmosterd
2 eiers, geklits
500 ml vars witbroodkrummels
125 ml fyngerasperde parmesaan
Olie

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaatmetfoelie uit.Smeermetolie. Geur die tjops met sout en peper en smeer ’n bietjie mosterd aan albei kante van elke tjoppie. Giet die eiers in ’n vlak bak. Meng die krummels en kaas en hou eenkant.

Doop die tjops vinnig in die geklitste eier en druk dan elke kant in die krummels. Druk dit liggies met jou vingers sodat dit goed vassit. Pak die tjops op die bakplaat en bak oop vir sowat 10-15 minute (terwyl twee tot drie keer omgedraai word), tot gaar. Sit voor met ekstra mosterd, slaai of gestoomde groente en stylsel van jou keuse.

Lewer 4-6 porsies.

Landbouweekblad, 16 Julie 2010

Rotasie blok

 
4
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.