Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / My-hartjie-my-liefie

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

My hartjie, my liefie . . .

ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Dis nie nodig vir duur geskenke op Valentynsdag om te wys hoe jy voel nie. Bederf jou man heeldag lank met klein lekkernye om hom te wys hoe spesiaal hy is.

'n Goeie begin

Dek die ontbyttafel mooi op Valentynsdag en doen net 'n klein bietjie ekstra moeite met die kos. Die detail is wat belangrik is.

  • Bak eiers in hartjievormige koekiedrukkers en gebruik dieselfde koekiedrukkers om hartjies uit roosterbrood te druk. Sit dié ontbytbroodjies voor met oondgeroosterde tamaties, gebraaide spek en sampioene. (As hy van gekookte eiers vir ontbyt hou, sit dan hartjieroosterbrood daarby voor.)
  • Maak die vorige dag al 'n klein quiche met bloedrooi pikantrissies en roomkaas (sien resep onder) en verras hom daarmee vir ontbyt.
  • Vergeet van gewone oggendkoffie en sit sjokoladekoffie of warmsjokolade voor. Rasper donker sjokolade en skep twee groot eetlepels daarvan onder-in 'n koffiebeker. Maak die beker halfvol warm melk en vul met warm filterkoffie. Vir egte warm sjokolade, gebruik dubbel die hoeveelheid sjokolade en slegs warm melk. (Of los die koffie geheel en al en drink yskoue vonkelwyn!)
  • As muesli en jogurt altyd deel van ontbyt uitmaak, sit dit op Valentynsdag effens anders voor. Maak vars vrugteslaai en skep lagies daarvan, afgewissel met muesli en jogurt, in lang glase.
  • Bak plaatkoekies en sit dit voor met gebraaide piesang en stroop. Jy kan ook sjokoladesplinters of gekapte neute of bessies by die beslag inroer vir ekstra lekkerte.
  • Maak Franse roosterbrood, maar voeg 'n bietjie kaneel en room by die geklopte eier voor jy die brood daarin doop. Sit voor met spekvleis en stroop.

    Pikantrissiequiche

    50 g klaarbereide broskorsdeeg

    Repies spek

    Ui, gekap

    Pikantrissies, fyn gekap

    Houer (125 g) roomkaas

    Eiers

    25 ml melk

    Sout en peper na smaak

    Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer 'n quichepannetjie van 18 cm met die broskorsdeeg uit. Vul met bakpapier en rys of droë bone en bak blind vir 10 minute. Braai intussen die spek en ui in 'n pan tot gaar. Voeg die pikantrissies by, roer deur en verwyder van die hitte. Skep in die half-gaar tertkors. Klits die roomkaas, eiers en melk saam, geur met sout en peper en giet versigtig bo-oor. Verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C. Bak vir ongeveer 30 minute tot ferm en goudbruin.

    Genoeg vir vier mense (groot porsies).

    Plaatkoekies

    Sif 250 ml bruismeel en 30 ml strooisuiker saam en maak 'n holte in die middel. Klits 2 eiers en 185 ml melk saam. Giet in die holte van die droë bestanddele en klits tot 'n gladde beslag vorm. Laat staan vir minstens 20 minute en braai dan eetlepelsvol in 'n geoliede pan.

    Inpakkos

    Los 'n klein houer vol van sy gunsteling-eetgoed ná ontbyt op sy bakkie se sitplek. Sit iets om te drink en 'n servet ook by.

  • Maak kaasstrooitjies: Rol 300 g skilferkorsdeeg effens dunner uit. Smeer die oppervlak met 'n baie dun lagie soet rissiesous of met songedroogde tamatiepesto. Besprinkel die hele oppervlak dan met 'n dun lagie parmesaan- of Cheddarkaas. Sny die deeg in twee ewe groot stukke en plak opmekaar (die kaas is in die middel). Rol weer effens uit en sny in dun repies. Bak vir ongeveer 10 minute teen 200 °C. Laat afkoel.
  • Neutelekkers: Verhit 250 ml kookwater en 500 ml witsuiker stadig tot opgelos en helder. Roer 250 ml gouestroop, 500 ml gemengde neute en 5 ml sout by. Verhit tot kookpunt en kook tot die hardekraakstadium (146 °C). Roer nou en dan om te verhoed dat dit brand. Verwyder van die hitte en roer 30 ml botter en 1 ml koeksoda by. Giet in 'n gebotterde pan en laat heeltemal afkoel. Bêre in 'n lugdigte houer in 'n droë plek (nie in die yskas nie).
  • Nota: Toets vir hardekraakstadium deur 'n druppel van die suikerstroop in koue water te laat val. Dit sal hard en bros word.

    Iets tuisgebak saam met die vier-uur-koffie...

    Sjokoladesplinterharte

    Verroom 125 g botter en 200 ml strooisuiker goed. Voeg 5 ml vanieljegeursel en 1 eier by en klits goed. Voeg 450 ml gesifte koekmeelblom, 250 ml sjokoladesplinters, 60 ml mielieblom, 10 ml bakpoeier en 'n knippie sout by. Draai toe in waspapier en verkoel vir 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee bakplate met bakpapier uit. Rol die deeg dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak en druk of sny soveel as moontlik groot harte uit. Pak op die bakplate en bak vir ongeveer 15 minute tot liggoudbruin. Lewer ongeveer agt groot harte.

    Variasie: Voeg neute in plaas van sjokoladesplinters by die deeg en druk dan groter stukkies sjokolade op die koekies vas voor jy dit bak.

    Perskekoek

    Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n losboom-koekpan van 24 cm. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verwerk 3 eiers, 125 ml melk, 330 ml strooisuiker, 500 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier, 125 ml gemaalde amandels en 5 ml vanieljegeursel in 'n voedselverwerker tot 'n tot 'n beslag vorm. Skep die beslag in die voorbereide pan. Was 4-6 lospitperskes (as jy Albertas gebruik, skil dit ook) en sny in dun skyfies. Pak die perskeskywe bo-op die beslag en druk dit effens in die beslag met jou vingers. Bak vir 40 minute tot gaar. Sit louwarm of koud voor met geklopte room. Lewer een middelslagkoek.

    Skemerkelkie

    Verras hom met 'n soutigheidjie, goeie kaas, 'n koue bier of 'n lekker glas wyn as hy by die huis kom.

  • Maak vinnig gemarineerde olywe: Sit 100 g (1 pakkie) olywe in 'n mengbak en voeg 2 dik repe suurlemoenskil, 1 fyn gedrukte knoffelhuisie, 1 ontpitte brandrissie (fyn gekap), en 'n paar takkies vars kruie by. Giet 45 ml olyfolie oor en meng. Laat staan vir 'n paar uur in die yskas voor dit geëet word.
  • Blitsige southappies: Gebruik 'n halwe rol klaarbereide skilferkorsdeeg en smeer dit met songedroogde tamatiepesto of basielpesto. Sny in dun vingers en bak by 200 °C tot gepof en goudbruin.
  • Maak 'n vinnige smeerkaas: Verwerk 1 houer roomkaas of geroomde maaskaas, 1 wiel fetakaas, 5 gekapte pikantrissies, 30 ml suurlemoensap en 45 ml vars pietersielie in 'n voedselverwerker tot glad.
  • Sit 'n kaasbord voor met een tot drie soorte kaas in klein porsies. Sit vars brood en groenvyekonserf hierby voor.

    Aandete

    Die ideale aandete om 'n man mee te beïndruk verg nie ure voor die stoof nie - net 'n vinnige draai in die braaipan.

    Filet met geroosterde soetrissies

    300 g filet, teen kamertemperatuur (in skywe van 5 cm dik gesny)

    Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

    15 ml olyfolie

    15 ml botter

    45 ml balsamiese asyn

    15 ml sojasous

    15 ml heuning

    Geroosterde soetrissies

    1 elk rooi en geel soetrissies, onpit en in repe gesny

    30 ml olyfolie

    Kruiesout en vars gemaalde swartpeper na smaak

    'n Skyfie suurlemoen

    Maak eerste die soetrissies. Sit die soetrissierepies in 'n mengbak en sprinkel die olie, kruiesout en peper oor. Meng goed deur met jou hande sodat al die repies met die gegeurde olie bedek is. Verhit die oond se roosterelement en voer 'n bakplaat met foelie uit. Versprei die soetrissierepies egalig op die bakplaat en oondrooster tot sag en die punte net begin verkleur. Verwyder uit die oond en druk 'n skyfie suurlemoen daaroor uit. Hou eenkant. Terwyl die soetrissies rooster, vryf die vleis goed in met sout en peper. Verhit die olyfolie en botter saam in 'n braaipan tot warm. Braai die filet vinnig in die warm pan tot goed bruin aan albei kante, verlaag die hitte en braai stadiger tot gaar na jou smaak. Laat rus vir 2-3 minute, skep die pansouse oor en sit voor met die geroosterde soetrissies, aartappel en slaai.

    Genoeg vir een.

    Filet met romerige sampioensous

    Sny 'n beesfilet van 500 g in skywe van 5 cm dik. Geur met sout en peper. Verhit 30 ml elk botter en olyfolie in 'n pan tot baie warm. Braai die filetskywe daarin tot gaar na smaak. Vir die sampioensous: Braai 250 g gesnipperde sampioene in dieselfde pan waarin die vleis gebraai is tot gaar. Sprinkel 10 ml koekmeel oor en roer tot die mengsel borrel. Voeg 60 ml sjerrie by en verhit tot kookpunt. Voeg 125 ml room by en prut tot effens verdik. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.

    Genoeg vir twee mense.

    Lekker souse vir steak

  • Pepersous: Verhit 15 ml olie en 45 ml botter in 'n pan. Braai 1 gekapte ui daarin tot sag. Voeg 30 ml koekmeel en 45 ml fyngedrukte groen-, swart- en rooipeperkorrels, asook 5 ml Dijonmosterd by. Verhit tot kookpunt. Voeg 30 ml brandewyn by, kook weer deur en voeg dan 250 ml room en 30 ml gekapte, vars pietersielie by. Prut vir 1-2 minute tot verdik.
  • Knoffel-en-tiemiesous: Smelt 60 ml botter in 'n pan en soteer 3 fyn gedrukte knoffelhuisies oor lae hitte daarin tot sag. Voeg 60 ml witwyn by en verhit tot kookpunt. Voeg 125 ml room en 10 ml vars tiemie by. Kook af tot effens verdik en geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper.
  • Soetsuursous: Verhit 30 ml olie in 'n pan. Braai 1 gekapte ui en 2 fyn gedrukte knoffelhuisies daarin tot sag. Voeg 30 ml tamatiepasta, 45 ml suurlemoensap, 3 ml gemengde, droë kruie, 60 ml bruinsuiker, 125 ml beesvleisaftreksel, 30 ml balsamiese asyn, 30 ml worcestersous en 10 ml mosterdpoeier by. Prut vir 10 minute en sit warm voor.

    10 Februarie 2006

  • Rotasie blok

     
    5
     
     
    • 2668 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Nuwe waghond vir MPO
    • Nuwe landbou-sensus kom
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction