Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / N-fees-vir-die-soettand

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

'n Fees vir die soettand

Cathy Joubert

Kerspasteitjies en truffels is maklik om te maak vir teetyd of as poeding. Dis ook 'n heerlike geskenk (as dit so lank gaan hou!).



Kerspasteitjies



Maak dit 'n paar weke voor die tyd, bevries en haal uit soos nodig. Die pasteitjies moet warm voorgesit word.



3 ekstra groot eiers

4 x 250 ml koekmeel

580 ml versiersuiker

250 ml ongesoute botter

185 ml vrugtemengsel (gekoop of tuisgemaak)

Versiering

Versiersuiker of strooisuiker



Klits die eiers in 'n klein bakkie en hou eenkant.

Meng die meel en suiker saam in 'n groot mengbak. Sny die botter met twee messe in tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Voeg die eiers geleidelik by terwyl met 'n vurk geroer word.

Knie die deeg liggies in 'n bak om 'n sagte deeg te vorm. Verdeel die deeg in vier stukke en vorm elkeen soos 'n ronde plat koek. Bedek en laat staan in yskas vir sowat 40 minute.

Berei solank kolwyntjiepanne voor deur dit te spuit of te smeer.

Stel oond op 200 °C.

Rol een van die vier stukke op 'n meelbestrooide oppervlak uit. Druk ses sirkels van sowat 6 cm en ses sirkels van sowat 5,5 cm in deursnee uit (maak seker dat die eerste ses sirkels in die kolwyntjiepanne se holtes pas) en plaas dit daarin. Skep sowat 7,5 ml van die vrugtemengsel in elke deegholte. Smeer 'n bietjie water om die rande van die deeg. Plaas die 5,5 cm sirkels bo-op en druk vas om die rande te verseël. Sny 'n klein stervorm in die middel bo-op elke sirkel sodat die stoom kan ontsnap. Herhaal met die res van die deeg en die vrugtemengsel. Plaas die panne op 'n bakplaat en bak sowat 12 - 15 minute in voorbereide oond tot ligbruin. Sif die suiker oor terwyl dit nog warm is. Haal uit panne en dien warm op of bevries wanneer koud.

Die resep lewer sowat 24 pasteitjies.


color=crimson>Tuisgemaakte vrugtemengsel




Niks kom by só 'n tuisgemaakte mengsel vir Kerspasteitjies nie. Dit kan tot ses weke in 'n glashouer in die yskas gehou word.



335 ml ontpitte rosyne

335 ml sultanas

185 ml gesnipperde kommersiële sitrusskil

625 ml kookappels (Granny Smith), geskil, ontpit en opgekap

750 ml korente

560 ml sagte bruin suiker

5 ml gemaalde kaneel

2,5 ml gemaalde gemmer

1,2 ml gemaalde neut

gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene

165 ml brandewyn

Kap die rosyne, sultanas en sitrusskil saam op. Sit dit in 'n groot bak en voeg die res van die bestanddele - behalwe die brandewyn - by. Meng goed saam. Bedek en laat staan oornag. Roer die brandewyn by. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël. Roer goed deur voor gebruik.

Dit lewer sowat 8 x 250 ml vrugtemeng-sel.


Truffels




Dié verleidelike soetgoed is 'n moet op die Kerstafel.



75 ml vars room

30 ml brandewyn

200 g donker sjokolade

60 ml botter

1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngemaak



Vir versiering

1 pak (200 g) donker sjokolade

1 pak (100 g) wit sjokolade



Kook die room in 'n klein kastrolletjie totdat daar net sowat 25 ml oor is. Verwyder van hitte en roer brandewyn en sjokolade by. Plaas terug op die stoof en roer oor lae hitte totdat die sjokolade gesmelt is. Klop botter en fyngemaakte beskuitjiekrummels by. Verwyder van stoof. Skep teelepelsvol en rol in balletjies. Plaas in yskas. Wanneer truffels afgekoel is, smelt die donker sjokolade en doop die truffels daarin. Plaas op draadrak. Smelt die wit sjokolade en bedruip die gedoopte sjokoladetruffels daarmee (kyk foto).

Maak sowat 36 truffels.

20 Desember 2002

Rotasie blok

 
1
 
 
  • 2218 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • LBW se geel bladsye kry digitale skop
  • Ongemak oor grondhervorming
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction