Net vir Pa

Pa' is baie dinge... Bobaas-vleisbraaiers,nutsmanne, superhelde én souttande - hulle hou meestal van lekkernye, soos biltong en neute, om aan te kou. Maak vir Vadersdag sélf vir hom iets om aan te peusel of wat hy kan gebruik as hy braai. Ons gee ook praktiese wenke vir die mooimaakslag.

Kombineer dié Vadersdag prettige volkleur retro-ontwerpe met interessante houers om Pa se tuisgemaakte persent ekstra spesiaal te maak.

Loer by stokperdjiewinkels in vir kleurvolle plakboek ("scrapbook")-papiere - dit is in verskillende afwerkings en patrone te kry. Die effe deursigtige waspapiere werk verál goed. Kombineer dit met gewone effekleurige papier vir impak.

Sak en pak

Bruinpapiersakkies is ideaal om in 'n kits in 'n lekker geskenkie te omskep. Loop deur die winkels en koop 'n bietjie van al jou pa se gunstelinghappies. Verdoesel alles saam in sneespapier in die sakkie en versier met 'n etiket...so maklik!

Gebruik vrolike gekleurde papier om die bruin van die sakkie op te helder en plak 'n lekker lang gekleurde etiket met alkantkleefband al oor die borand van die sakkie om dit af te rond. Ons het as afronding 'n etiket uit gekleurde papier geknip, 'n metaal-ogie deurgeskiet en dit aan die sakkie geknoop. Skryf jou pa se naam op die etiket en plaas jou boodskapkaartjie binne-in die sakkie met die lekkernye.

Mallemeule

Leë, deursigtige spesery-meule is die ideale geskenk. Meng vir Pa 'n spesiale (óf sy gunsteling-) mengsel of twee en versier die meule met prettige waspapier-etikette om dit af te rond.

Maak só

Knip 'n lengte gekleurde waspapier om netjies om die middel van elk van die speserymeule te pas en plak in posisie met alkantkleefband. Rond die meule af met 'n etiket - plak dit op die waspapier OF knip 'n gekleurde sirkel uit die waspapier én karton, skiet 'n metaal-ogie deur en knoop met gekleurde koord om die nek van die meule. Óf...

Pak die meule in 'n gekleurde boksie.
Praai elke meul styf in gekleurde sneespapier toe en knoop ekstra koord om.

Maak 'n klapper uit 'n groot kartonsilinder en stewige geskenkpapier.

Voeg die bestanddele na smaak by. As jy lief is vir die geur van koljander, voeg meer by. Of as jy hou van 'n kruiesmaak, voeg meer oregano by. Meng die bestanddele vir die soutmengsel saam in 'n mengbak. Maak die leë glasbottels daarmee vol en plak etikette op.

Bottels vol bederf

Span 'n leë blatjang- of sousbottel in om dié heerlike braaisous in te bottel. Maak 'n spesiale etiket en plak dit om die bottel se breë deel vas. Knip 'n strokie papier en skryf 'n boodskap daarop. Bind dit met 'n dun toutjie om die bottel se nek.

Verhit alles saam tot kookpunt en laat prut vir 2 minute. Giet in 'n gesteriliseerde glasbottel en verseël. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre in die yskas.

Lewer 500 ml braaisous.

  • Nota: Dié sous is heerlik oor gebraaide ribbetjies. Kook die ribstukkies sag in water, verf mildelik met die braaisous en braai oor die kole.

    Planne met boksies

    Boksies maak altyd 'n mooi geskenkpakkie. Jy kan dit oortrek, verf of bloot net versier met 'n etiket om dit van gewoon tot spesiaal te omskep.

    Verras pa vanjaar met 'n heerlike bederfboksie om byderhand te hou as hy rugby kyk. Vul dit met sy gunstelinglekkernye, soos kaaskoekies, droëwors, skyfies en 'n koue bier. Versier dit met stroke gekleurde papier vir 'n nuwe, vars effek. Doen dieselfde deur bloot lang stroke papier oor die rand van die boksie te plak in plaas van gewoon in die middel - en wissel die breedte van die stroke vir effek.

    Nóg boksie-idees

    Vou leë tee-bokse uitmekaar en trek dit oor met 'n mooi effekleurige geskenkpapier (gebruik sproeigom vir 'n netjiese afronding). Vou die boksie weer toe en plak of gom die sykante in posisie met alkantkleefband of sterk papiergom. Laat droog word, vul met sneespapier-knipsels en pak vol lekkernye. Skoendose kan ook só ingespan word.

    Verf 'n boksie met 'n ligte kleur en skryf vir Pa 'n boodskap (of mooi gesegdes oor vaderskap) met 'n goue of silwer pen regoor die boksie. Knoop 'n bypassende koord losweg bo-oor en heg 'n etiket aan.

    Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 'n bakplaat uit met bakpapier. Meng die kase, meel, brandrissies en peper saam. Vryf die botter in tot dit soos growwe krummels lyk en voeg die water drupsgewys by. Maak aan tot 'n stywe deeg. Rol uit op 'n meelbestrooide oppervlak (of tussen twee velle waspapier) tot ongeveer 3-5 mm dik. Druk ronde sirkels uit en rangskik op die uitgevoerde bakplaat. Bak vir ongeveer 10 minute of tot die koekies goudbruin begin verkleur. Laat op die bakplaat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer. Geniet met drankies of as versnapering.

    Lewer ongeveer 30 koekies.

    Speseryneute

    15 ml botter
    10 ml fyn komyn
    3 ml koljander
    10 ml growwe sout, effens fyn gestamp
    10 ml paprika
    5 ml droë brandrissies, fyn gemaal
    750 ml gemengde neute

    Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter en voeg die komyn, koljander, sout, paprika en brandrissiepoeier by. Braai vir ongeveer 1 minuut. Voeg die neute by en braai tot al die neute met 'n lagie van die speserybotter bedek is. Krap uit op 'n bakplaat wat met foelie uitgevoer is. Bak vir 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer, blikkie of glasfles met 'n styfpassende deksel.

    Lewer 750 ml neute.

    In 'n blik

    Blikkies is ideaal om enigiets - van spesery en neute tot sjokolade en gekerfde biltong - in te verpak. Maak seker die blikkie sluit dig - verpak andersins jou geskenkie in 'n sakkie wat jy eers verseël voordat jy dit in die blikkie pak.

    Maak só

    Meet die omtrek en hoogte van jou blikkie en knip 'n lengte gekleurde waspapier om netjies rondom te pas. Plak 'n lengte alkantkleefband op elke punt (van bo tot onder) en plak die strook in posisie op die blikkie. Plaas die geskenkie daarin en druk die deksel op. Plak 'n lang, dun strook gekleurde papier (ook met alkantkleefband) bo-oor die blikkie om dit af te rond.

    Nóg bli(n)k-idees

    Geen mooi, nuwe blikkies nie? Was leë gouestroop-, spesery- of koffieblikkies (met plastiekdeksels) deeglik uit, droog af en plak 'n treffende etiket rondom.

    Druk of skryf 'n spesiale boodskap op gekleurde papier en plak dít - in plaas van die gekleurde strook - rondom die blikkie.

    17 Junie 2005

  • Rotasie blok

     
    0