|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die rokerige geur van die spek en soet smaak van die botterskorsie werk goed saam.
1 kg botterskorsie, geskil en in blokkies
gesny
Olyfolie
Sout en vars gemaalde swartpeper
500 g pasta van jou keuse
1 pak spekvleis, gesnipper
125 ml (½ k) basielpesto
Parmesaanskaafsels en ekstra olyfolie
1. Voorverhit oond tot 200 °C. Sit botterskorsieblokkies in ’n oondbak en drup ’n bietjie olyfolie oor. Werk goed met jou hande deur en geur met sout en peper. Oondrooster vir sowat 20-30 minute tot blokkies goudbruin is. Haal uit die oond en hou eenkant.
2. Kook die pasta in ’n groot pot soutwater (met ’n bietjie olie) tot gaar, maar ferm.
3. Terwyl die pasta kook, braai die spek in ’n pan tot gaar en bros. Voeg die pesto by en, sodra die pasta gedreineer is, voeg die spek, pesto en botterskorsieblokkies by.
4. Sprinkel parmesaanskaafels en olyfolie oor. Sit dadelik voor.
Genoeg vir ses mense.
Die dis op die meegaande foto is pasta met spek, botterskorsie en pesto. Die foto is deur Neville Lockhart geneem. Arina du Plessis het die stilering gedoen met Christien Badenhorst as assistent.
Landbouweekblad, 28 Augustus 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)