|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Kors
50 g botter
100 ml meel
Knippie sout
10 ml strooisuiker
40-80 ml yswater
1 eierwit, geklits
Vulsel
50 g donkersjokolade, in stukke gebreek
50 g pekanneute, grof gekap
2 eiers
30 g botter
200 ml sagte bruinsuiker
40 ml goue stroop
Kors: Voorverhit die oond tot 200 °C en plaas die botter, meel, sout en strooisuiker in ’n voedselverwerker. Pols totdat die mengsel lyk soos sagte broodkrummels. Giet ’n bietjie van die water by en pols tot ’n sagte deeg vorm.
Verwyder en laat rus in die yskas vir ’n paar minute. Rol die deeg uit en sny klein sirkels daaruit. Voer klein, ronde tertpannetjies met die deeg uit en laat rus weer. Prik deeg en verf met geklitste eierwit. Bak vir vyf minute of tot net gaar. Hou eenkant. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C.
Vulsel: Rangskik die sjokolade en neute in die gebakte tertdoppies en klits die eiers tot lig en skuimerig. Roer die botter en sagte bruinsuiker by en klits tot goed gemeng.
Roer die stroop by en klits goed. Giet die mengsel oor die sjokolade-en-neutmengsel en bak vir sowat 20 minute of tot gaar. Versier met versiersuiker. Lewer 12 klein tertjies. Wenk: Vries die orige deeg as daar oorbly.
23 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)