Menu
 

Deur ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)
18 September 2009

13653 keer gelees | 15 kommentaar


Koek

625 ml (2½ k) koekmeel
375 ml (1½ k) suiker
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) kakao
5 ml (1 t) sout
250 ml (1 k) karringmelk
2 eiers, by kamertemperatuur
375 ml (1½ k) olie
5 ml (1 t) witasyn
25 ml (5 t) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Roomkaasversiersel

1 houer (250 g) ferm roomkaas
250 g sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Koek

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ’n groot mengbak.

2. Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ’n aparte mengbak.

3. Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.

Versiersel

1. Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ’n elektriese menger en klits tot lig en donsig.

2. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.

Landbouweekblad, 18 September 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Elsa Heuer

2010/10/20 07:23:44 PM

Heerlik, baie komplimente gekry.


Onbekende besoeker

2010/08/26 10:21:26 PM

Dankie vir hierdie heerlike resep....ek het net komplimente gekry


Lana

2010/02/01 03:00:45 PM

Baie lekker, maar maak vet sekerlik!


bets engelbrecht

2012/06/08 10:29:45 AM

HAAI DAAR. EK WIL NOU DIE RESEP PROBEER WANT EK HET DIT IN 'N BOEK. BY DIE BESTANDDELE IS DAAR NIKS VAN EIERS MAAR BY DIE METODE WORD DAAR GENOEM VAN EIERS. HOEVEEL EIERS? BETS


Mildred

2012/06/08 11:30:13 AM

Ek wil ook graag weet van die eiers


corlivdm

2012/06/08 12:36:23 PM

@Mildred en Bets Die resep sê daar moet twee eiers bygevoeg word. Geniet! Corli


Ciska

2012/07/03 06:12:21 PM

Hi, sal mens kan cupcakes maak met die resep?


Drienie Cronje

2012/07/24 11:54:38 AM

Ek wil ook graag hoor van die eiers en ook of dit sal werk vir cup cakes.


Sandra Venter

2012/12/12 02:33:06 PM

Is julle seker van slegs 2 eiers?


Pollie Mereis

2013/02/16 11:52:01 AM

Die beste resep wat ek nog gekry het en ek het na baie gekyk. Baie dankie.


ATHELENE V HEERDEN

2013/03/15 04:13:28 PM

Ek het geleer dat jy 'n eier vir elke koppie meel byvoeg. Dit werk ook vir bakpoeier.


VERONIQUE

2013/11/09 11:30:54 AM

2 eiers, by kamertemperatuur, - dit staan tussen die karringmelk en die olie. Werk perfek vir cupcakes! Het al BAIE keer gemaak


VERONIQUE

2013/11/09 11:32:29 AM

Ek sit 1 teelepel bakpoeier ook by ....


Susan

2013/11/12 10:40:26 AM

Ek het hierdie resep al vir troukoeke en cupcakes gebruik! Die beste een van almal wat ek al prober het, en die goedkoopste.


Dilencias cakes

2014/02/21 11:07:34 AM

ek het oral op die net gesoek vir so n resep en tot my wilde verbasing lees ek dit toe raak in julle tydskrif ..ek het dit toe vir een van my vriendinne se partytjies gemaak en het so baie bestellings daarna gekry dat ek glad my eie koek besigheid op die been gebring het.dankie vir hierdie wonderlike resep ..dit het my lewe radikaal verander .....

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.