Een van die heerlikste en gewildste feeste in Suid-Afrika, die SA Kaasfees, kom einde April weer aan die beurt.
SA Kaasfees-entoesiaste word genooi om te kom proe, eet, kuier en geniet terwyl hulle ‘n wêreld se smake in een plek ontdek. Hierdie fynproewersfees vind plaas van Saterdag 24 April tot Dinsdag 27 April 2010 by Bien Donné op die R45 tussen die Paarl en Franschhoek.
Geniet kaas en die mense daaragter - van kaasmakers wat op klein skaal spesialiteitskase maak tot die groter suiwelreuse. Ontdek ook ‘n ryke verskeidenheid aanvullende lekkernye soos plaaslik verboude olywe, tuisgemaakte konfyt, handgemaakte sjokolade en bekroonde wyne. Of jy bloot daarvan hou om kos te Kookpot, waar die atmosfeer energiek is en die aksie nooit ophou nie.
Die SA Kaasfees bied ‘n pretbelaaide dag vir die hele gesin. Terwyl volwassenes terug kan sit en die rustige atmosfeer indrink of die magdom geleenthede om te proe, eet en kuier in die Kaasemporium, Kaasmark, Die Mall, Fynproewerslaan of Suiwelplein benut, kan die jongspan in die Kinderhoekie of die Cheese Chiller speel of die fassinerende aktiwiteite in die Melkfabriek geniet.
Koop daardie kaartjies vroegtydig: Slegs ‘n beperkte aantal is beskikbaar by Computicket en Checkers winkels (geen kaartjies by die hekke nie). Kaartjies beloop R110 vir Saterdag en Sondag en R90 vir Maandag en Dinsdag. Senior burgers betaal R70 en kinders 12-jaar en jonger kom gratis. Die fees is daagliks oop van 10:00 tot 18:00 en sluit op die laaste dag om 17:00.
Kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za of besoek www.cheesefestival.co.za vir meer inligting.
9 Februarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)