Sardynbrijani

Sardynbrijani. Foto: VERSKAF
Sardynbrijani. Foto: VERSKAF

Bestanddele

1 x 400 g blik sardyne in rissiesous
125 ml (½ k) bruin lensies
3 aartappels, geskil en in stukke gesny
Olie, vir braai
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
30 ml (2 E) blatjang
1 x 410 g blik gekapte tamaties
Sout en vars gemaalde swartpeper
Vars koljanderblare vir garnering

Puri
250 ml (1 k) koekmeel
2 ml (½ t) sout
30 ml (2 E) olie
Sowat 100 ml (2/5 k) water

Keer die blik sardyne in ’n bak uit en breek in growwe stukke met ’n vurk. Kook die lensies in ’n pot met water vir 5 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir ’n uur om te week. Dreineer en spoel af met koue water. Kook aartappels in soutwater tot sag en dreineer. Verhit ’n bietjie olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel daarin tot sag. Verwyder van die hitte en roer die blatjang en tamaties by. Voeg die sardyne, lensies en aartappels by en geur goed met sout en peper. Meng alles liggies saam. Bedek en verhit tot deurwarm.

Puri: Sif die meel en sout saam. Meng die olie en water en voeg by om ’n sagte deeg te vorm. Knie vir sowat 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties. Verdeel die deeg in 12 ewe groot stukke en rol baie dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Diepbraai in warm olie tot opgepof, bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier.

Sit die brijani met puri voor en garneer met koljanderblare.

Lewer ses porsies.

Landbouweekblad, 5 Maart 2010

Rotasie blok

 
0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.