1 x 400 g blik sardyne in tamatiesous
1 bos (300 g) spinasie, gewas, skoongemaak en fyn gekerf
Olie, vir braai
1 ui, fyn gekap
½ houer (125 g) growwe maaskaas
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml (½ k) vars broodkrummels
Kaassous
30 ml (2 E) botter
30 ml (2 E) koekmeel
125 ml (½ k) melk
1 ml (¼ t) mosterdpoeier
Tamatiesous (van die blik met sardyne)
½ houer (125 g) growwe maaskaas
Voorverhit die oond tot 200 °C. Dreineer die sardyne oor ’n bak en breek die vis in filette. Hou die sous eenkant om later te gebruik.
Kook die spinasie in ’n klein bietjie water tot verlep. Dreineer goed en druk enige orige vog daaruit met jou hande. Verhit die olie in ’n pan en braai die uie tot goudbruin. Verwyder van die hitte en voeg die spinasie en maaskaas by. Geur na smaak met sout en peper. Skep in ’n oondbak en pak die sardynfilette bo-op.
Kaassous: Smelt botter in ’n kastrol en voeg meel, melk, mosterd en tamatiesous (uit die blik) by. Geur met sout en peper. Verhit tot kookpunt en prut, terwyl geroer word, tot verdik, glad en gaar. Verwyder van hitte en roer die maaskaas by. Giet die kaas bo-oor die spinasielaag en sprinkel die broodkrummels bo-oor. Bak onbedek vir 20 minute tot die krummels goudbruin is. Sit warm voor.
Lewer ses porsies.
Landbouweekblad, 5 Maart 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)