Seekospastei met broodkors

Romerige seekospastei met broodkors. Foto: NEVILLE LOCKHART
Romerige seekospastei met broodkors. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

Vulsel
500 g stokvis, vel en grate verwyder en in hapgrootte blokkies gesny
Sout en peper
30 ml olie
500 g marinara-mengsel (gemengde seekos)
125 ml witwyn
1 ui, baie fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
45 ml botter
30 ml koekmeel
250 ml volroommelk
125 ml room
45 ml gekapte, vars pietersielie
1 Franse brood
125 ml sagte knoffelbotter

Geur die vis met sout en peper. Verhit die helfte van die olie in ’n pan en braai die visblokkies daarin tot net-net gaar. Skep uit en hou eenkant. Verhit die res van die olie in dieselfde pan en braai die marinara-mengsel daarin tot net-net gaar. Voeg die visblokkies by en giet die witwyn oor. Laat opkook en kook vinnig vir een minuut. Skep uit.

Braai die ui en knoffel in die botter tot sag. Sprinkel die meel oor en laat opkook. Voeg die melk by en verhit tot kookpunt. Prut vir drie minute. Voeg die room en pietersielie by en roer deur. Voeg seekos-en-vismengsel by en geur na smaak met sout en peper. Skep in ’n oondvaste bak.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny die Franse brood in dun skywe en smeer die snye aan albei kante met knoffelbotter. Pak snye bo-op die seekosvulsel sodat die snye oorvleuel. Bak vir 30 minute tot goudbruin en bros.

Lewer vier tot ses porsies.

Landbouweekblad, 23 Julie 2010

Rotasie blok

 
0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.