|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Vulsel
200 g (2 plakke) donker sjokolade, gekap
250 ml (1 k) room
3 eiers
80 ml (1/3 k) strooisuiker
2 ml (½ t) bakpoeier
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (¼ k) kakao
Knippie sout
Kakao en versiersuiker om oor te sif
1. Maak eerste die vulsel: Smelt die sjokolade en room saam tot glad. Verkoel tot koud.
2. Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n gesmeerde rolkoekpan met bakpapier uit (sodat dit teen die kante van die pan opstaan). Spuit liggies met kleefwerende kossproei.
3. Skei twee van die eiers. Klits die eiergele, die heel eier en strooisuiker goed saam tot liggeel en dik.
4. Sif die bakpoeier, meel, kakao en sout oor en vou versigtig met ’n metaallepel in.
5. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou ook in.
6. Giet in die pan, smeer liggies gelyk en bak vir 10 minute tot gaar. (Toets deur liggies met jou vinger op die koek te druk. As dit terugspring, is dit gaar.)
7. Sif ’n bietjie kakao en versiersuiker op ’n klam vadoek en keer die koek daarop om. Trek die bakpapier af en rol die koek in die vadoek op. Laat só afkoel.
8. Haal die sjokolademengsel uit die ys¬kas en klits tot lig en donsig. Rol die koek oop, smeer die mousse op en rol weer op. Sif nóg versiersuiker en kakao oor.
Genoeg vir 8-10 mense.
Die koek op die meegaande foto is sjokolademousse-rolkoek. Neville Lockhart is die fotograaf en Arina du Plessis het die stilering gedoen.
Landbouweekblad, 2 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)