Deur ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)
12 Augustus 2009

4364 keer gelees | 0 kommentaar


2,5-3 kg skaapskenkels, in skywe gesaag
125 ml koekmeel
45 ml olie
2-3 knoffelbolle, deurgesny
375 ml rooiwyn
375 ml port
60 ml balsamiese asyn
60 ml heuning
Sout en swartpeper
Vars tiemie of roosmaryn

Voorverhit die oond tot 160 °C. Bestuif die skenkelskywe met meel en braai bruin in lotte. Skep uit in ’n oondbak sodat die vleis in ’n enkellaag lê. Druk die halwe knoffelbolle tussen die vleis in. Meng die rooiwyn, port, asyn en heuning en giet oor die vleis. Bedek en verkoel oornag. Geur met sout en peper drie tot vier uur voor ete. Maak die bak dig toe en bak vir twee uur. Haal die deksel af en verhoog die temperatuur tot 200 °C. Bak oop vir nóg 30 minute tot ’n uur, of tot die vleis sag en die sous dik en geurig is. Roer nou en dan. Sprinkel vars tiemie of roosmaryn oor en sit voor. Genoeg vir 8-10 mense.

Jy kan die skenkels met skaapnek ook vervang – dis net so lekker en jy kan dan die baktyd effens verkort.

Die dis op die meegaande foto is skenkels met rooiwyn en port. Die fotograaf is mnr. Neville Lockhart met me. Chrsitien Badenhorst as assistent.

Landbouweekblad, 7 Augustus 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights