Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Slaaie

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Slaaie

Deur ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Geroosterde eiervrug en-
roket-slaai

3 middelslag, jong eiervrugte, in die
lengte gehalveer

Ongeveer 125 ml olyfolie

30 ml basielpesto

1 rolletjie (100 g) sagte bokmelkkaas

Handvol jong groenboontjies, gestoom

3 hande vol bronkors en roket OF
gemengde slaaiblare

Paar vars basielblare

Slaaisous

15 ml appelasyn

5 ml Dijon-mosterd

45 ml olyfolie

Knippie suiker

Sout en peper na smaak

Verhit die oondrooster. Verf die gesnyde
kante van die eiervrug met olie en geur
goed met sout en peper. Oondrooster vir
ongeveer vyf minute tot die eiervrugte begin
verkleur. Draai om en rooster vir nóg
vyf minute. Haal uit, maak insnydings op
die vleis en smeer dadelik 'n lagie pesto op
die vleiskant van die eiervrugte. Sit skyfies
bokmelkkaas op en rooster tot dit borrel.
Haal uit die oond en laat afkoel.
Rangskik blare en gestoomde groenboontjies
op bord/opdienbord. Sny die
afgekoelde eiervrugte in hapgroottestukke
en rangskik bo-op. Klits alles
vir slaaisous saam en sprinkel bo-oor.
Sit voor met geroosterde Italiaanse
brood. Sprinkel bros gebraaide uie
bo-oor. Genoeg vir vier mense.

Pastaslaai

5 eiers

250 g pasta

4 stele seldery, gesny

1 bossie grasuie, gekap

1 komkommer, gesny

2 hande vol kersietamaties

180 ml mayonnaise

Sap en skil van 1 suurlemoen
(sien wenk)

Baie sout en varsgemaalde
swartpeper

5-10 ml kondensmelk

1 fyngedrukte knoffelhuisie

Brosgebraaide spekvleis

Pietersielie

Kook eiers halfsag, spoel met koue water
af en hou eenkant. Kook pasta, dreineer
en sprinkel liggies met olyfolie. Laat heeltemal
afkoel.
Meng seldery, grasuie, komkommer
en tamatie met afgekoelde
pasta. Meng mayonnaise,
sap, suurlemoenskil, geurmiddels,
kondensmelk en
knoffel. Meng pasta, groente
en sous. Dop eiers af. Sny in
halwes of kwarte en sit versigtig
by slaai. Rond af met
bros spek, pietersielie en
ekstra swartpeper. Genoeg
vir ses mense.

Wenk: Om meer sap uit 'n
suurlemoen te kry en om die
waslaag van die skil te verwyder,
dompel suurlemoen vir
een minuut in kookwater.

Somerse
Hoenderslaai


Gebruik oorskiet geroosterde
hoender - of hoender wat oor
kole gebraai is - vir 'n heerlike
geroosterde geur. Die slaai
maak maklik meer. Gebruik
as basis een porsie hoender
per persoon vir 'n ete.

Marinade

Sap en skil van 1 suurlemoen

45 ml olyfolie

1 knoffelhuisie, baie goed fyn gedruk

10 ml tiemie of oreganum, baie fyn
gekap

Sout en peper

4 hoenderporsies

1 sak (300 g) gemengde blaarslaai

1 middelslag komkommer, gesny

1 houer (200 g) kersietamaties,
gehalveer

Skaafsels parmesaan

Sous

45 ml mayonaisse

45 ml jogurt, maas of karringmelk

2 knoffelhuisies

Knippie suiker

Sout en peper

5 ml peperwortelsous of geroomde
peperwortel

Meng al die bestanddele vir die marinade.
Laat marineer die gevlokte hoender
daarin. Rangskik die blare, komkommer,
tamatie en parmesaan op 'n dienbord.
Skep hoender in marinade bo-oor. Meng
alles vir die slaaisous. Drup 'n bietjie booor
en bedien res in klein bakkie met slaai
en brood. Genoeg vir vier mense.

Landbouweekblad, 22 Februarie 2008

Rotasie blok

 
0
 
 
  • 2759 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Plan vir landelike veiligheid vorder
  • Verlaag brandstofprysbelasting
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction