Soet-suur oongebakte lamstjops

Soet-suur oongebakte lamstjops. Foto: NEVILLE LOCKHART
Soet-suur oongebakte lamstjops. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

12 lamstjops
80 ml tamatiesous
Sap van 1 suurlemoen
80 ml blatjang
50 ml sojasous
80 ml worcestersous
80 ml water
2 knoffelhuisies, fyn gekap

Verhit die oond tot 220 °C. Meng die tamatiesous, suurlemoensap, blatjang, sojasous, worcestersous, water en knoffel goed saam.

Gooi die sous oor die tjops en maak seker dat dit behoorlik met die sous bedek is. Plaas in die oond en bak oop vir 15-20 minute. Sit voor saam met broodrolletjies en slaai.

Landbouweekblad, 16 Julie 2010

Rotasie blok

 
5
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Vinnig en sooooo lekker!!!!Dankie julle.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.