Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Spesiaal-vir-mamma

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Spesiaal vir mamma

Deur ARINA DU PLESSIS

Malvalekkers

Hier gaan pappa dalk moet hand bysit met
die klitsery, maar as die malvalekkers miskien
'n bietjie plat uitkom, is dit niks. Dit
sal net so lekker smaak!

375 ml strooisuiker

125 ml koue water

20 ml gelatien

125 ml warm water

5 ml vanieljegeursel

Paar druppels pienk kleursel

Klapper of versiersuiker, om in te rol

Klits die strooisuiker en water saam tot
die suiker opgelos is. Los die gelatien in
die warm water op (roer tot jy niks meer
korreltjies sien nie) en voeg by die suikerwatermengsel
in die mengbak. Gebruik 'n
elektriese klitser en klits vir 10 minute tot
die mengsel spierwit en dik is. Voeg die vanieljegeursel
by en klits dit deur. Smeer 'n
vierkantige koekpan van 20 cm x 20 cm
met olie en sprinkel 'n bietjie water binnein.

Nou moet jy besluit of jy wit of pienk
malvalekkers wil maak. As jy pienkes wil
hê, drup versigtig een of twee druppels
van die voedselkleursel in die wit mengsel.
Klits die mengsel weer tot die kleur
eweredig versprei is. Skep die mengsel
in die voorbereide koekpan uit en smeer
gelyk. Verkoel tot styf. Keer die gestolde
malvalekker op 'n tafel of werksoppervlak
uit waarop jy 'n bietjie versiersuiker gesif
het.

Gebruik 'n koekiedrukker om mooi
vorms daaruit te druk of sny dit in blokkies
of driehoeke. Rol die malvalekkers in 'n
mengsel van versiersuiker en mielieblom
of in 'n bietjie klapper. Pak dit in 'n mooi
houer. Lewer ongeveer 16 lekkers.

Sjokolade-en malvalekker-fudge

Dié fudge is nie net baie lekker nie, dis ook
baie maklik om te maak. Met ander tipes
fudge moet 'n mens die suikermengsel tot
in 'n sekere stadium kook, anders word die
fudge nie hard nie. Dié resep werk nie so
nie - en die fudge is altyd perfek! Ons het
neute bygesit omdat die mamma vir wie
ons dit gemaak het, daarvan hou, maar jy
kan dit uitlos, of vervang met iets anders
waarvan jou mamma hou.

BAIE BELANGRIK: Vra altyd 'n grootmens
om jou te help as jy kook. Kokende
suikermengsels is verál baie
gevaarlik en jy moet altyd baie versigtig
daarmee wees!

375 ml suiker

60 ml water

100 ml room

125 g (½ houer) mascarpone-kaas

500 ml fyn gesnipperde malvalekkers

100 g melksjokolade, gekap

5 ml kakao, gesif

250 ml gekapte neute

10 ml vanieljegeursel

Smeer 'n pannetjie van 20 cm x 13 cm
met olie. Verhit die suiker, water en room

saam oor baie lae hitte tot al die suiker
gesmelt is. Eers as jy seker is ál die suiker
is gesmelt (en daar sit niks meer suiker
aan die kastrol se rante vas nie), verhit
die mengsel tot kookpunt. Kook, terwyl jy
aanhoudend roer (dit brand maklik) vir 7-9
minute. Verwyder van die hitte en roer die
res van die bestanddele by. Meng goed tot
die sjokolade gesmelt is. Vra vir pa om die
warm mengsel versigtig in die gesmeerde
pan te gooi en smeer gelyk. Laat afkoel tot
kamertemperatuur en laat pappa help om
die fudge in blokkies te sny. Lewer ongeveer
20 blokkies.

Klappersoentjies

1 blik (397 g) kondensmelk

5 ml vanieljegeursel

650 ml fyn klapper

6-8 rooi glanskersies, in repies gesny

Versiersuiker om oor te sif

Voorverhit die oond tot 180°C en voer 'n
gesmeerde bakplaat met bakpapier uit.
Spuit dit liggies met kleefwerende kossproei.
Meng die kondensmelk,
vanieljegeursel en klapper goed
saam in 'n groot mengbak. Skep
'n klein bietjie van die mengsel
(die seuntjie en dogtertjie op
die foto het 'n maatlepeltjie van
5 ml gebruik om ewe groot koekies
te vorm) op die bakpapier,
ongeveer 5 cm uitmekaar. Sit 'n
stukkie rooi glanskersie bo-op
elke koekie en sit die bakplaat in
die oond. Bak vir 10 minute tot
die koekies se rante goudbruin
begin raak.

Haal uit die oond
(wees versigtig, dis warm!) en
sit die bakplaat op 'n houtplank
neer sodat die koekies op die
plaat kan afkoel tot louwarm.
(Die koekies sal nog sag wees
as dit uit die oond kom, en dan,
soos dit staan, ferm word.) Sodra
die koekies heeltemal afgekoel
is, sif versiersuiker oor en
verpak dit in 'n lugdigte houer.
Lewer ongeveer 40 koekies.

Amandelballetjies

Vir dié resep het jy koekkrummels nodig.
Ons het 'n klein Madeira-koek by die winkel
gekoop en dit in 'n voedselverwerker
fyn gemaak. Maar jy kan dit met jou vingers
ook krummel.

250 ml koekkrummels

60 ml strooisuiker

250 ml gemaalde amandels

30 ml amandel-likeur en gesmelte
,
wit sjokolade

Sprinkel-amandels

Meng krummels, suiker, gemaalde amandels
en likeur (voeg sjokolade by as dit te
droog is). Meng tot dit bind en rol balletjies.
Rol in sprinkel-amandels of klapper en laat
hard word in klein papierkoppies.

Landbouweekblad, 9 Mei 2008

Rotasie blok

 
5
 
 
  • 2604 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Raad wil glo met Mentz skik
  • Varkgriep in Suid-Afrika?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction