5-7 groot aartappels, in die skil gekook en afgekoel
Sout en vars gemaalde swartpeper
1 x 250 g pak spekvleis, fyn gesnipper
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) melk
2 eiergele
1 x 300 g spinasieblare (groot blare), gewas en are uitgesny
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Trek aartappels se skille af en hou eenkant. Braai spek in ’n droë pan tot gaar, voeg ui en knoffel by en braai tot sag. Klits room, melk en eiergele saam en hou eenkant. Stoom spinasieblare in mikrogolf of blansjeer tot verlep. Druk droog. Sny aartappels in dun skyfies. Pak ’n lagie dun aartappelskyfies onder-in gesmeerde oondbak.
Geur goed met sout en peper. Skep ’n dun lagie uie-en-spekmengsel oor en smeer egalig. Skep ’n paar lepels roommengsel oor en lê een of twee spinasieblare plat oor uiemengsel. Herhaal lae en eindig met ’n lagie aartappels, waaroor jy orige roommengsel giet. Laat staan vir ’n paar minute en bak vir 1 uur tot goudbruin en borrelend. Laat sowat 10 minute afkoel voor dit voorgesit word.
Lewer agt porsies.
Variasie: Vervang die aartappels met lasagnevelle (geblansjeer) vir ’n watertandlekker gebakte pasta.
Landbouweekblad, 26 Februarie 2010
Kommentaar
Hallo Maurits,
Ek sal nie aanbeveel dat jy die spinasie met lasagnevelle vervang nie, maar wel die aartappels. As jy nie van spinasie hou nie, gebruik jou keuse van dun gesnyde,geblansjeerde of geroosterde groente (soos murgpampoentjies, blaarkool, eiervrug of soetrissies) in plaas daarvan.
Lekker kook,
Arina
Kan die spinasie vervang word met die lasagnevelle
Kan die spinasie vervang word met die lasagnevelle
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)