|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Vleis
2 x 200 g stukke riboog-steak of filet
50 ml Marmite
Sampioen-bolaag
40 ml botter
1 klein ui, in dun skywe gesny
1 knoffelhuisie, gekap
250 g bruinsampioene, in dik skywe gesny
Sout en vars gemaalde swartpeper
15 ml heelkorrelmosterd
‘n Knippie mosterdpoeier
60 ml dubbeldik room, crème fraiche of mascarpone
1 eier, geklits
Vleis: Voorverhit die oond tot 220 °C. Smeer ’n bakplaat met olyfolie of spuit dit met kleefwerende kossproei. Bind tou rondom elke stuk vleis sodat dit regop kan staan en die vorm behou. Verf die vleis oraloor met Marmite.
Verhit ’n riffelpan en braai die vleis oor baie hoë hitte vir ongeveer drie minute aan elke kant, tot dit lig- of halfgaar is. Skep dit dan op ’n gesmeerde bakplaat en laat rus.
Sampioen-bolaag: Verhit die botter in ’n pan en braai die ui en knoffel vir ’n paar minute daarin. Roer die sampioene by en braai vir ongeveer vyf minute of tot droog. Geur met sout en peper. Skep die sampioenmengsel in ’n mengbak en roer die heelkorrelmosterd, mosterdpoeier, dubbeldik room en eier daarby in.
Meng goed. Skep die bolaag op die gebraaide steak en plaas dit in die oond vir 5-10 minute, of totdat die sampioen-bolaag gestol is. Sit voor met groente en romerige kapokaartappels of skyfies. Lewer twee porsies.
22 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Nee, ek't ook nie clue wat hulle vir my probeer vertel nie. Ek's bly ek's nie die enigste een wat nie vertsaan nie.
...lekker mmmm
Ai, maar dit lyk watertand lekker!, Ek gaan dit probeer
Hallo Frans,
Tou wat styf om die vleis se buitekant gebind word, help dat die steak nie inkrimp nie en sy vorm behou terwyl dit gebraai word. (As jy mooi kyk, kan jy die tou op die vleis in die foto ook sien). Ek hoop ek antwoord jou vraag? Stuur gerus vir my 'n e-pos na aduplessis@landbou.com as jy nog vrae het.
Groete
Arina
Bind 'n stuk tou om elke stuk vleis sodat dit regop kan staan ? Nee dit verstaan ek nie so mooi nie !
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)