Thaise visburgers

Thaise visburger. Foto: NEVILLE LOCKHART
Thaise visburger. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

500 g wit vis, sonder vel of grate
4 grasuie, gesnipper
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 rooi soetrissie, ontpit en fyn gekap
Fyngerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
15 ml (1 E) vissous
Vars gemaalde swartpeper na smaak
60 ml (¼ k) fyngekapte, vars koljander
60 ml (¼ k) fyngekapte, vars pietersielie
1 eiergeel
60 ml (¼ k) mayonnaise
1 knoffelhuisie, gerasper
4 broodrolletjies
30 ml (2 E) soetrissiesous
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 komkommer, in dun repies gesny

Pols ál die bestanddele in ’n voedselverwerker tot gemeng, maar nie pap en glad nie. Verdeel in vier gelyke dele en vorm viskoekies. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Klits die mayonnaise en gerasperde knoffel saam en smeer die broodrolletjies daarmee. Smeer soet rissiesous bo-oor en sit die warm viskoekies bo-op. Rond af met dungesnyde komkommer en sit voor met aartappelwiggies of skyfies. Lewer vier porsies.

Landbouweekblad, 5 Ferbuarie 2010

Rotasie blok

 
3
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Hierdie is g'n Thaise viskoekies nie. Soos hierbo vermeld het Thai viskoekies altyd rooikerriepasta en gekerfde groenbone as bestanddele, anders is dit sommer maar net enige ander viskoekies.

Onbekende besoeker 

Wie se dan so!!! > Dis n resep die > Nie n bybel nie.

Onbekende besoeker 

Regte Thai viskoekies het rooikerrie en gekerfde groenbone as essensiele bestanddele.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.