Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Troef-die-koue-met-koningskos

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Troef die koue met koningskos

Cathy Joubert (cjoubert@landbou.com)

'n Beter kombinasie van 'n lekker wildsvleispastei met melktert daarby sal jy nie sommer kry nie! En vir albei gebruik jy dieselfde skilferkors.




Melktert


Dié vulsel is genoeg vir twee tertborde.



Vulsel

1 liter melk

50 ml botter

250 ml suiker

'n knippie sout

75 ml koekmeel

50 ml mielieblom

4 ekstra groot eiers, geskei

ekstra melk

'n mespunt kremetart

2,5 ml vanieljegeursel

2,5 ml karamelgeursel

2 druppels suurlemoengeursel



Stel die oond op 220 °C.

Kook melk met botter en helfte van suiker. Voeg sout by.

Maak die meel en mielieblom aan met die eiergele. Voeg van die ekstra melk by om dit meer hanteerbaar te maak. Voeg die meel-eiermengsel geleidelik by die kookmelkmengsel en bring tot kookpunt. Verwyder van stoof. Klits eierwitte tot styf terwyl die res van die suiker en kremetart bygevoeg word. Vou eierwitte met metaallepel by die melkpap in. Smeer eers die kors se rand met eierwit en skep pap in. Bak in voorverhitte oond vir sowat 10 minute, stel die oond af tot 180 °C, en bak vir 'n verdere 10 minute tot goudbruin.

Wenk: Maak seker dat jy net 2 druppels suurlemoengeursel gebruik, anders sal die tert nie lekker wees nie.




Wildsvleispastei




500 g wildsvleis

'n paar repies varkspek, na smaak

4 heel naeltjies

sowat 5 ml wonderpeperkorrels ("all spice")

5 ml gemaalde koljander (opsioneel)

sout en swartpeper na smaak

15 - 30 ml sago, geweek in

125 ml water



Laat wildsvleis oornag in asynwater lê. Giet die water af. Stowe die vleis in sowat 250 ml water (voeg meer by, indien nodig) met al die bestanddele, behalwe die sago.

As die vleis sag is, voeg sago by en roer versigtig deur. Pasop dat die sago nie aanbrand nie. Indien die sous te dik is, voeg bietjie meer water by.

Plaas in yskas om af te koel.

Stel oond op 220 °C.

Rol koue deeg uit (sien hierbo) en indien verkies, plaas 'n dun lagie onderin pasteibak. Skep vleis in en bedek weer met 'n deeglaag bo-op. Maak 'n paar gaatjies bo-op vir stoom om te ontsnap. Bak tot goudbruin bo-op.



Wenke: Vir klein pasteitjies, druk sirkels volgens verlangde grootte uit deeg, skep vleis bo-op en bedek weer met 'n sirkel deeg.

As jy vind dat die vleis té souserig is, klits die wit van 'n eier effens, voeg die sap van 'n halwe suurlemoen daarby en meng met die vleis.




Skilferkorsdeeg vir melktert en
wildsvleispastei





8 x 250 ml koekmeel

5 x 250 g margarien

500 ml yskoue sodawater

50 ml brandewyn

2 eiers, geskei

10 ml kremetart



Sif die koekmeel drie keer. Hou 250 ml van die koekmeel eenkant. Vryf 750 g margarien by die res van die meel in. Klits die sodawater, brandewyn en eiergele tot skuimerig. Voeg dit by die meelmengsel en meng goed.

* Plaas in yskas tot styf (vir sowat 1 uur). Haal deeg uit yskas en rol so dun as moontlik - sowat 1 mm dik - uit. Die deeg moet net nie breek nie. Rasper 250 g van die margarien oor die deeg. Strooi 5 ml kremetart en die helfte van die 250 ml meel (wat eenkant gehou is) oor. Rol of vou styf op.

Herhaal een keer van * en plaas weer in yskas. Laat rus in yskas vir 24 uur vóór gebruik. Die deeg vries ook baie goed.

Gebruik deeg soos verlang om tertbord uit te voer. Hou res in vrieskas en haal uit soos nodig.

Dié deeg word ook vir die wildsvleispastei gebruik.



27 Junie 2003

Rotasie blok

 
4
 
 
  • 2410 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Paleplanter spaar tyd en arbeid
  • Geen onmiddelike bedryging vir piesangs
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction