|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Deeg
310 ml koekmeel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
40 g botter
40 g varkvet (bakvet)
30 ml koue water
Vulsel
2 eiers
150 ml room
150 ml melk
1 x 225 g blik tunastukke, gevlok
175 g ricotta
30 ml gerasperde parmesaankaas
Voorverhit die oond tot 200°C. Deeg: Meng die koekmeel en geurmiddels in ’n bak. Vryf die botter en vet by die koekmeel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg koue water by en knie tot ’n stywe deeg vorm.
Rol deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en voer ’n losboomtertpan van 20 cm daarmee uit. Strooi droëbone op die deeg en bak vir 15-20 minute lank blind teen 200 °C. Verwyder uit die oond en verlaag die oondtemperatuur tot 190 °C.
Haal die droëbone uit. Vulsel: Klits die eiers, room en melk saam in ’n mengbak. Voeg die tuna en ricotta by die eiermengsel. Voeg die parmesaankaas by en geur na smaak. Skep in die tertkors en bak vir 25-30 minute, tot ferm. Lewer ses porsies.
Vervang die tunastukke en ricotta met 150 g gaar spinasie en 200 g gekrummelde fetakaas.
18 Oktober 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)