Menu
 


23 Mei 2002

17651 keer gelees | 1 kommentaar


Wildspastei
Kors
1 pak klaargerolde blaardeeg

Vulsel
2 kg wildsvleis (enige soort)
500 g skaapvleis
250 ml Coke
100 ml kookolie
2 uie, fyngekap
1 groen soetrissie, opgekap
2 tamaties, geskil en gesnipper
250 g ontbytspek, gesnipper
125 ml blatjang
5 ml elk knoffelvlokkies en vars gemaalde swartpeper
15 ml sout
5 ml gemaalde koljander
2 ml gemaalde naeltjies
15 ml worcestersous
75 ml suurlemoensap
100 ml droë rooi wyn
50 ml soet rooi wyn
250 ml suurroom
2 blikkies (285 g elk) gesnipperde sampioene, gedreineer (hou vloeistof)
1 pakkie beesstertsop (60 g) aangemaak met 250 ml van die sampioenwater

Bolaag
1 eiergeel
50 ml water

Stel die oond op 200°C. Laat deeg in yskas ontvries.
Sny die vleis in 3 cm-blokkies en stowe dit dan in die Coke tot sag. (Hoewel die kola dit 'n mooi bruin kleur gee, is die vleis geneig om makliker aan te brand. Hou dus dop). Maak seker dat al die beentjies uit die vleis verwyder is.
Braai intussen die uie, soetrissies en tamaties effe saam in die olie en skep dit by die vleis. Braai die spekvleis liggies in dieselfde pan en voeg by die vleis. Meng die res van die bestanddele goed saam en meng dit by die vleis. Prut net deur om geure te laat meng en skep in 'n vuurvaste pasteibak.
Rol die deeg uit, plaas bo-op vleis en druk die kante vas. Indien verkies, maak deegblare van die oorskiet deeg en rangskik bo-op pastei. Klits eier en water en verf oor die deeg. Maak snytjies of druk gaatjies bo in deeg sodat stoom kan ontsnap. Bak 30 minute tot goudbruin.

Wenk
Vir 'n vinnige pastei, gebruik gaar fyn wildsvleis.

Stowe oorskietbene met 'n stukkie varkspek in 'n bietjie vleisaftreksel totdat vleis loskom. Maak vleis fyn en bevries tot nodig.



Liplekker sjokoladerolkoek

Dodelik vir die figuur, maar as jy eers begin eet, kan jy nie ophou nie!

4 groot eiers, geskei
100 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
60 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
15 ml kakao
'n knippie sout

Vulsel en versiersel
1 blik (380 g) karamel
2 stafies Cadbury's Flake-sjokolade
125 - 250 ml room (vars of Orley-Whip)
15 ml strooisuiker

Stel die oond op 180°C. Klits die eierwitte styf en hou eenkant. Klits die eiergele, strooisuiker en geursel saam tot lig en donsig. Sif die meel, bakpoeier, kakao en sout saam. Vou dit by die eiermengsel in. Vou laastens die eierwitte versigtig met 'n metaallepel in. Giet die mengsel in 'n gesmeerde rolkoekpan van (20 - 27cm) wat met waspapier uitgevoer is en maak beslag gelyk bo-op. Bak sowat 10 minute lank. Keer versigtig uit op 'n klam doek wat met suiker bestrooi is. Trek die waspapier af. Rol die koek met die klam doek op en laat so afkoel. Rol weer die koek oop en verwyder die klam doek. Klop die karamel effens en smeer oor die koek. Breek die sjokolade in stukkies en strooi die helfte oor die karamel. Rol die koek op. Klits die room en suiker saam tot styf en bedek die koek daarmee. Strooi die res van die sjokolade-stukkies bo-oor. Verkoel goed voor opdiening.

24 Mei 2002


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


danie

2013/06/08 01:47:15 PM

eintlik soek ek 'n resep vir lekker outydse fyn wildsvleis soos ma dit gemaak het. ons het dit op brood en sommer net so ge eet. ma het van dieselfde fyn wildsvleis ook pastei gemaak. jammer sy het intussen vlerke gekry, anders het ek haar self gevra.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.