Vissie-kolwyntjies

Vissie-kolwyntjies. Foto: NEVILLE LOCKHART
Vissie-kolwyntjies. Foto: NEVILLE LOCKHART

Bestanddele

Basiese kolwyntjies
125 g sagte botter
180 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
1 ekstra-groot eier, geklits
550 ml bruismeel
200 ml melk

Basiese botterversiersel
125 g sagte botter of margarien
500 ml versiersuiker, gesif
10 ml vanieljegeursel
Kookwater of louwarm melk

Vissies
24 mini-kolwyntjies
100 ml elk geel, groen, oranje, pienk en rooi botterversiersel
250 ml–375 ml klein lekkertjies, soos mini-Astros
24 blou, blink balletjies
60 ml swart botterversiersel
1 x 100 g pak koepelvormige jellielekkers

Vir basiese kolwyntjies: Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n muffinpan met papiervormpies uit. Verroom botter en strooisuiker goed. Voeg vanieljegeurseleneier byenklits deur.Voubruismeel en melk by belag in.

Maak papiervormpies driekwart vol met beslag en bak vir 12-15 minute, tot liggoudbruin en gaar. Haal uit pan en laat op draadrak afkoel (anders trek papiervormpies los). Lewer 12 standaardgrootte en 24 mini-kolwyntjies. Wenk: Soek vir mini-muffinpanne by supermarkte of bakwinkels.

Vir basiese botterversiersel: Verroom botter of margarien en versiersuiker saam. Klits vanieljegeursel en kookwater of melk by om smeerbare versiersel te kry. Hou aan klits tot lig en romerig. Voeg kleursel by, soos verkies. Lewer 500 ml

Vir vissies: Deel kolwyntjies in lotte op en smeer elke lot met ’n ander kleur botterversiersel. Sorteer klein lekkertjies kleur by kleur en pak twee rye (in dieselfde kleur as die versiersel) teen een kant van kolwyntjie, vir skubbe.

Plak ’n blou, blink balletjie op elke kolwyntjie vir vissie se oog en spuit ’n glimlag met swart botterversiersel.

Pak kolwyntjies op blou papierborde of trek ’n tafel met blou papier oor en pak dit daarop. Sny jellielekkers in lengte in lagies en plak vir elke vissie ’n jellie-stert (in dieselfde kleur as die versierselenlekkertjies) op papier vas.

Lewer 24 vissie-kolwyntjies.

Landbouweekblad, 27 Augustus 2010

Rotasie blok

 
3.333335
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.