Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Kos-en-resepte / Vyf-ete-idees-met-worsies

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vyf ete-idees met worsies

Deur ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)

Met 'n pak worsies in die vries- of yskas sal jy altyd 'n vinnige ete kan prakseer. Ons toetskombuis gee 'n paar idees.

Doopbraai-kaasworsies

Kinders is dol oor hierdie worsies - saam met slaaisosaties is dit 'n lekker aandete en dis 'n treffer op kinderpartytjies (om die ergste soet te temper).

8 kaasworsies

16 houtsosatiestokkies

Olie, vir diepbraai

500 ml bruismeel

1 ekstra-groot eier

15 ml olie

375 ml water

Sny elke worsie middeldeur en druk 'n sosatiestok diep in elke worsie. Verkoel tot benodig. Verhit die olie tot warm. Terwyl die olie warm word, sit die bruismeel in 'n bak. Klits die eier, olie en water saam en voeg by die meel. Meng tot 'n beslag. Doop die worsies in die beslag (maak seker die hele worsie is bedek) en braai in diep, warm olie tot die deeg goudbruin en warm voor met doopsouse, soos tamatiesous, blatjang of soet rissiesous. Lewer 16 worsie-happies.

Wenk: Jy kan gerookte of gewone Weense worsies vir dié resep gebruik.

Gebakte aartappels met worsies

Aartappel en wors is bekende pasmaats. Pleks van gebraaide wors en fynaartappel, sit ons die worsies net in gebakte aartappels voor.

6 groot aartappels

Olyfolie, seesout en swartpeper, vir geur

60 ml suurroom

45 ml goeie mayonnaise

45 ml natuurlike jogurt

45 ml gesnipperde grasuie

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

Skeut vars suurlemoensap

6 middelslag bees- of varkworsies

100 ml braairibbetjie-marinade

30 ml sjerrie

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer 'n bakplaat met foelie uit. Smeer die aartappels goed in met olyfolie, sout en peper en prik oraloor met 'n vurk. Pak op die bakplaat en bak vir 1-1 ¼ uur of tot die aartappelskille bros en die aartappels sag is. Terwyl die aartappels bak, meng die suurroom, mayonnaise, jogurt, grasuie, knoffel en suurlemoensap goed saam. Geur na smaak met sout en peper en hou eenkant tot benodig. Verhit 'n klein bietjie olie in 'n pan en braai die worsies oor matige hitte tot gaar. Meng die ribbetjie-marinade en sjerrie en giet oor die gaar worsies. Verhit tot kookpunt en roer-braai die worsies in die marinademengsel tot klewerig. Geur met sout en peper. Hou eenkant warm. Sodra die aartappels gaar is, verwyder uit die oond en vou een op 'n slag in 'n skoon vadoek toe. Rol die aartappels elkeen liggies tussen jou hande (werk saggies om nie die skil te breek nie. Dié tegniek verseker dat die aartappels 'n sagte, donsige binnekant sal hê as jy dit oopsny). Maak 'n insnyding oor die lengte van elke aartappel en druk elke aartappel effens oop. Skep 'n groot lepel van die suurroomsous in elkeen en sit 'n warm, klewerige bees- of varkworsie in elk. Sit dadelik voor met mengelslaai. Genoeg vir ses mense.

Romerige pasta met hoenderworsies en okkerneute

500 g pasta van jou keuse

250 g hoenderworsies (sien wenk)

30 ml botter

1 ui, dun gesny

60 ml sjerrie

250 ml vars room

125 ml melk

30 ml heelkorrelmosterd

15 ml olyfolie

1 houer kersietamaties

50 g okkerneute, gerooster en gekap

125 ml gerasperde parmesaankaas

Sout en swartpeper na smaak

Vars tiemieblaartjies

Kook die pasta in 'n groot pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, braai die hoender-worsies in 'n pan tot gaar. Skep uit, sny in groterige stukke en hou eenkant. Verhit die botter in 'n pan en braai die ui tot sag. Voeg die sjerrie by en verhit tot kookpunt. Voeg die room by en kook verder af tot effens verdik. Voeg die melk en mosterd by en kook tot 'n romerige sous. Dreineer die pasta en voeg dit saam met die worsies by die sous. Verhit die olyfolie in 'n pan en braai die tamaties tot die skille begin oopbars. Voeg dit by die pasta saam met die okkeurneute, parmesaan, sout en peper na smaak. Sprinkel 'n paar tiemieblare oor en sit dadelik voor. Genoeg vir ses mense.

Spaanse kasserol op kaserige polenta

30 ml olyfolie

4 repies spek, gesnipper

1 lourierblaar

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

45 ml gekapte, vars roosmaryn en tiemie

5 ml paprika

1 blik (410 g) gekapte tamaties

2 chorizo-worsies, dun gesny

1 blik (420 g) gemengde bone, gedreineer

Verhit die olie in 'n kastrol en braai die spek, lourierblaar en ui tot die uit sag is. Voeg die knoffel, kruie en paprika by en braai tot geurig. Voeg die tamaties by en verhit tot kookpunt. Prut vir vyf minute. Voeg die worsies en bone by en prut vir 'n verdere 5-10 minute tot alles dik en geurig is.

Om voor te sit: Berei genoeg polenta vir vier mense volgens die aanwysings op die verpakking. Sodra dit gaar is, roer 250 ml gerasperde, sterk kaas, 60 ml melk en 'n stukkie botter daarby in. Sit die chorizo-kasserol op die polenta voor. Geniet met 'n groenslaai. Genoeg vir vier mense.

Varkworsie-roti?s

15 ml olie

8-10 middelslag-varkworsies

1 ui, gekap

4 repies spekvleis, gesnipper

2 knoffelhuisies, gekap

500 ml lensies, gewas

750 ml ligte bees- of hoenderaftreksel

1 blik (410 g) gekapte tamaties

125 ml gekapte, vars pietersielie

roti?s, rys, koeskoes of fynaartappel, om op voor te sit

Verhit die olie in 'n groot pan of vlak kastrol en braai die worsies tot gaar. Skep uit en sny in skyfies. Hou eenkant. Braai die ui, spek en knoffel in dieselfde pan tot gaar. Voeg die lensies en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir een uur. Voeg die tamaties, worsies en die helfte van die pietersielie by en prut vir 'n verdere 30 minute. Geur na smaak met sout en peper en roer die res van die pietersielie net voor opdiening by. Sit voor in roti's, of op rys, koeskoes of fynaartappel. Genoeg vir 4-6 mense.

Landbouweekblad, 30 Januarie 2009

Rotasie blok

 
4
 
 
  • 4509 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Sanparke ‘mag renosters verkoop’
  • Eskom-fiasko gaan ontwikkeling rem
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction