Menu
 

ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)
1 Desember 2004

41333 keer gelees | 3 kommentaar


Yskastert is net so tuis in ons huise soos biltong en boerewors. Daar is sekerlik duisend soorte en almal het hul gunsteling. Hier is vyf wat vinnig en maklik is om te maak, maar beslis nie lank sal hou nie...

Jogurttert
Gebruik dieselfde geur jellie as jogurt vir hierdie resep. As jy die tert 'n ander geur wil gee, gebruik ongegeurde vingerbeskuitjies en pas die konfyt by die geur van die jogurt aan.

2 pakke vingerbeskuitjies, aarbeigeur
2 pakkies aarbeijellie
500 ml kookwater
500 ml aarbeijoghurt
1 blik kondensmelk
250 ml room, geklop

Bo-laag
250 ml aarbeikonfyt

Pak 1 pak beskuitjies in 'n enkellaag op die bodem van 'n gesmeerde tertbord. Maak die jellie met die kookwater aan en laat afkoel tot louwarm. Klits die jogurt en kondensmelk by en verkoel tot kamertemperatuur. Vou die room in. Skep die vulsel op die beskuitjies en maak gelyk. Verkoel tot stewig en pak die res van die vingerbeskuitjies bo-op. Smelt die aarbeikonfyt tot glad en skep 'n lagie bo-op die beskuitjies. Verkoel tot benodig.

Lewer een middelslagtert.

  • Variasie: Jy kan die tert met 'n Tennisbeskuitjie-krummelkors maak. Rooster dan klapper liggies in die oond of in 'n pan en laat afkoel. As die tert gestol is, sprinkel dit bo-oor.

    Gemmer-roomtert
    Die tert is taamlik sag omdat dit geen gelatien inkry nie. Maak dus seker die peerskyfies is goed ge-dreineer, anders kan dit loperig wees.

    Kors
    1 pakkie gemmerkoekies, fyn gedruk
    100 ml botter, gesmelt
    15 ml goue- of esdoringstroop

    Vulsel
    1 blik (380 g) karamelkondensmelk
    1 blik (410 g) peerhalwes
    250 ml pekanneute, gekap
    60 ml ingelegde gemmer, fyn gekap
    250 ml room

    Skep ongeveer 45 ml koekiekrummels uit en hou eenkant. Meng die koekie-krummels, botter en stroop goed saam. Druk dit op die bodem en halfpad teen die kante van 'n losboomkoekpan van 25 cm vas. Verkoel vir 10 minute. Skep 30 ml van die karamelkondensmelk uit en hou eenkant. Klits die orige karamelkondensmelk tot glad en smeer oor die beskuitjiekors. Verkoel weer vir 10 minute. Dreineer intussen die peerhalwes goed en sny in dun skyfies. Druk die peerskyfies goed droog met kombuispapier. Rangskik die peerskyfies op die karamellaag en sprinkel die gekapte neute en gemmerstukkies oor. Klits die room en die 30 ml karamelkondensmelk saam tot styf en smeer bo-oor die tert. Verkoel tot benodig. Sprinkel ekstra gekapte neute en die orige gemmerkoekiekrummels bo-oor. Verkoel tot benodig.

    Lewer een middelslagtert.

    Koekstruiftert
    Meer nagereg as tert, maar dis een manier om almal se gunsteling-Kersfeespoeding dwarsdeur die jaar te eet.

    1 konfytrol, in 7 mm dik skywe gesny 60-125 ml sjerrie

    Vulsel
    200 g geroomde maaskaas
    100 ml strooisuiker
    15 ml gelatien
    45 ml kookwater
    250 ml dik vla
    180 ml groenvyekonserf, in stukkies gesny
    250 ml pekanneute, grof gekap

    Pak die snye konfytrol styf teen mekaar in 'n tertbak van 20 cm x 30 cm. Sprinkel sjerrie oor en laat staan vir 'n paar minute. Meng die maaskaas en suiker saam. Los die gelatien in kookwater op en roer by. Verkoel tot gestol. Maak intussen dik vla van 250 ml melk, 45 ml vlapoeier en 30 ml suiker en laat stol. Skep lepelsvol van die maaskaasmengsel en lepelsvol van die vla, groenvye en neute afwisselend op die koekbasis. Laat stol tot ferm en sit voor.

    Lewer een groot tert.

    Karamelkaaskoek
    Kors
    2 pakkies Tennisbeskuitjies, fyn gedruk
    2 ml kaneel
    125 ml gesmelte margarien

    Vulsel
    2 houers geroomde maaskaas
    1 houer karamelkondensmelk
    60 ml Ierse roomlikeur
    1 pakkie vanieljekitspoeding
    1 blik ingedampte melk, yskoud
    30 ml gelatien
    60 ml kookwater
    gevlokte amandels of sjokoladekrulle

    Meng die bestanddele vir die krummelkors saam en druk dit op die bodem van 'n tertbord van 20 cm x 40 cm vas. Verkoel tot benodig. Klits maaskaas, karamelkondensmelk en roomlikeur saam. Maak poeding met ingedampte melk aan en verkoel tot styf. Los gelatien in kookwater op tot heeltemal glad en roer by karamelmengsel. Vou kitspoedingmengsel in en meng tot glad. Giet in die krummelkors en verkoel. Sprinkel gevlokte geroosterde amandels oor, of versier met sjokoladekrulle.

    Lewer een groot tert.

    Vlatert
    Jy het net 'n klein bietjie kondensmelk vir die kors van dié tert nodig. Skep dit sommer uit die blik wat jy gebruik vir die bo-laag.

    Kors
    1 pakkie klapperkoekies, fyn gedruk
    50 ml botter, gesmelt
    45 ml kondensmelk
    3 ml kaneel

    Vulsel
    500 ml melk
    15 ml botter
    60 ml vlapoeier
    45 ml suiker
    Knippie sout

    Bo-laag:
    1 blik kondensmelk
    100 ml suurlemoensap
    1 blikkie grenadella-pulp

    Meng al die bestanddele vir die kors saam en druk dit op die bodem van 'n gesmeerde tertbord van 30 cm x 20 cm vas. Verkoel tot benodig. Vir die vulsel: Verhit 400 ml van die melk en die botter saam tot net onder kookpunt. Meng intussen die vlapoeier, suiker en die res van die melk saam tot 'n pasta vorm. Voeg van die warm melk by die vlapasta en roer tot goed gemeng. Gooi alles terug in die kastrol en verhit oor lae hitte, terwyl geroer word, tot kookpunt. Laat prut liggies tot verdik en gaar. Giet die warm vla op die krummelkors. Laat afkoel tot gestol. Klits die kondensmelk, suurlemoensap en grenadellapulp saam en laat staan eenkant. As die vla heeltemal koud is, skep die kondensmelkmengsel bo-oor en maak gelyk. Verkoel tot benodig.

    Lewer een groot tert.

    3 Desember 2004

  • Kommentaar
    Slegs in Afrikaans


    Rina Fourie

    2012/10/25 12:54:25 PM

    Gaan dit beslis die naweek probeer. Ons kinders kom kuier en wil hul met iets anders verras.


    mac

    2013/09/25 07:48:34 PM

    puik en pikkant my mond water al reeds


    mac

    2013/09/25 07:50:01 PM

    kan nie wag om dit voor te sit ,om nie tprt van proe nie

    Naam Kommentaar
    E-pos
    Tik in die nommers  

    Vind jou perfekte maat nou!

    Ek is 'n:
    Stel belang in:
    Ouderdom: tot
    Huidige
    Ligging:
    Wys net profiele met foto's

    Teken in vir die nuusbrief

    Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

    Lewende Hawe

    Soort 08/04/14 15/04/14 %
    Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
    Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
    Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
    Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
    Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

    Aandele

    • Tuli's se Elite-koei

      Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

    • Die Angus-ras se Elite-koei

      Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

    • Elite-koei by Bonsmaras

      Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

    • Nguni's se Elite-koei

      Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.