750 g waterblommetjies
Sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml olie
30 ml botter
700 g stoweskaapvleis (nek werk goed)
2 uie, grof gekap
1 knoffelhuisie, gekap
Sap van ½ vars suurlemoen
10 ml neutmuskaat
250 ml witwyn
Maak waterblommetjies skoon en was goed.Sit in soutwater en laat staan ’n paar uur of oornag. Verhit olie en botter en braai skaapvleis in lotte bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai uie en knoffel in dieselfde pot tot sag. Voeg suurlemoensap, neutmuskaat en bruingebraaide vleis by saam met witwyn en gedreineerde waterblommetjies. Bedek en prut stadig oor lae hitte vir sowat 2 uur of tot vleis sag is. Roer gereeld. Geur na smaak met sout en peper en druk vars suurlemoensap oor. Sit voor met rys. Genoeg vir ses mense.
Die dis op die meegaande foto is waterblommetjiebredie. Die foto is deur GALLO IMAGES verskaf.
Landbouweekblad, 24 Julie 2009
Kommentaar
Ek gaan probeer om die bredie te maak vir aandete. Het die waterblommetjies by my swaer gekry. Is eintlik nuuskierig oor hoe dit sal smaak want ek het net altyd gehoor van die bredie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)