Landbou.com skuif hierdie naweek na ‘n nuwe bediener en besoekers kan moontlik vind dat die webwerf nie soos met vorige besoeke vertoon nie. Hier is raad.
Hierdie funksie is sodat jy plekke van belang op die Google Earth-stelsel kan merk, soos jou plaas en die landerye, suipings, rivierlope, skure en nog meer. Jy moet as ‘n gebruiker op landbou.com registeer om die funksie te benut. Plekke wat jy hier merk en stoor, sal met jou volgende besoek aan landbou.com weer aan jou, as geregistreerde gebruiker, vertoon word.
Vlermuise is noodsaaklik vir die bekamping van insekte, bestuiwing en saadverspreiding op plase. ‘n Boer vertel hoe hy die diere na sy plaas lok. Foto van ‘n Gambiaanse witkolvrugtevlermuis: Nico Smit