|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die verlies wat boere weens probleemdiere ly, beloop reeds sowat R1,4 miljard per jaar - vier keer meer as weens veediefstal.
Die ontvolking van die platteland, groter plaaseenhede en die toename van wildplase het terselfdertyd tot gevolg dat die uitdaging om roofdiere te bestry, steeds groter word, sê mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).
Schutte het gereageer op 'n e-pos-brief wat deur die Landmark-stigting uitgestuur is. Daarin word 'n beroep op verbruikers gedoen om produkte te boikot wat van plase kom waar probleemdiere volgens "onetiese metodes" bestry word.
Volgens Schutte is hy nie bereid om met "aktiviste te onderhandel wat die rooivleisbedryf wil
ondermyn nie. Dit is duidelik dat die bestryding van roofdiere nie net meer 'n bewaringsaak is nie, maar ook voedselsekerheid in gedrang bring."
Hy sê 'n organisasie wat die rooivleisbedryf verdag probeer maak, het geen empatie daarmee dat sowat 600 000 stuks kleinvee deur roofdiere vermink en gedood word nie.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 5 Junie 2009.
29 Mei 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24