Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Proefplaas-vir-mentors

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Proefplaas vir mentors

 
MARLEEN SMITH

Die Sydenham-proefplaas van die Vrystaatse Universiteit se departement natuur- en landbouwetenskappe word in 'n instelling omskep wat opleiding en mentorskap aan kleinskaalse en opkomende boere sal lewer.

Dit sal boere insluit wat ingevolge die grondherverdeling-program gevestig is.

Prof. Herman van Schalkwyk, dekaan, sê dit word die fakulteit se strategiese plan ingesluit om die deurlopende proses van hervorming in Suid-Afrika te ondersteun.

Die herontwerp van die proefplaas spruit uit 'n driesydige samewerkingsooreenkoms wat die fakulteit binnekort met die National African Farmers' Union (Nafu) en die plaaslike munisipaliteit Mangaung gaan sluit.

Opleiding in onder meer braaihoender- en eierproduksie, en melk-, vark- en skaapboerdery sal voortaan op Sydenham gegee word. Die doel is om 'n omvattende pakket vir klein- en opkomende boere, asook die plaaslike gemeenskap te bied.

Leerlingskappe word in die vooruitsig gestel sodat die nuwe studente vaardighede kan bekom waarmee hulle vir hulself kan werk skep.

Sydenham is sowat 12 km buite Bloemfontein, langs die pad na Reddersburg. Dit is die universiteit se oudste proefplaas. Stedelike uitbreiding het meegebring dat plakkershutte deesdae tot digby die grensdraad strek.

Van Schalkwyk sê die inwoners van dié informele nedersetting — Mangaung Fase II — is 'n primêre mikpunt van die nuwe projek.

Die fakulteit hoop ook om met die projek 'n diens aan die Vrystaatse boeregemeenskap te lewer en dit later na ander provinsies uit te brei. Sowat 40 afgevaardigdes het reeds 'n gesamentlike inligtingsessie vir die Vrystaatse, Noordwes- en Oos-Kaapse wetgewers op die plaas bygewoon.

Dr. Léan van der Westhuizen, Sydenham se bestuurder, sê hulle hoop om vanaf begin volgende jaar volskaals kursusse daar aan te bied. Die universiteit, munisipaliteit, Land Bank, Departement van Landbou en buitelandse skenkers het reeds geld bewillig.

Die fakulteit kon Sydenham die afgelope paar jaar nie ten volle benut nie en die plaas was in 'n stadium geoormerk om verkoop te word. Die nuwe rigting wat nou daarmee ingeslaan word, bied egter geleenthede wat dié plan van die tafel gevee het.

12 November 2004

0
 
 
  • 2260 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Grondsake w
  • Derduisende misdaadbriewe na Zuma
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction