Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Pynappels-geknou-n

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Pynappels geknou n

 
JOHAN NORVAL

Die kadmium-besmetting van die Oos-Kaapse pynappeloeste het tot 'n groot afname in die vraag daarna gelei. Boere in die noorde van KwaZulu-Natal sê egter hulle het óók die afgelope paar weke 'n kopersweerstand in die mark bespeur. Hul bestellings en verkope teenoor die normale produksiepatroon vir die ooreenstemmende tyd van die jaar het begin verlangsaam.

Sekere varsproduktemarkte, soos die een in Johannesburg, het glo al aan markagente te kenne gegee dat hulle, ongeag van die produksiestreek, nie pynappels gaan versprei as die boer nie aan die voorskrifte ten opsigte van naspeurbaarheid en die regte bewerkingspraktyke voldoen nie.

Mnr. Casper Badenhorst van Hluhluwe, een van die land se drie grootste pynappelboere en 'n voorkeurverskaffer vir Woolworths, sê sy boerdery ondervind 'n afname van sowat 40 % in weeklikse pynappelbestellings uit die plaaslike mark. Dit sluit die varsproduktemarkte, verpakkers en groot kettingwinkelgroepe in.

Hy sê dit het tot dusver geen invloed op die uitvoerbestellings gehad nie, aangesien dié bedryf lank reeds aan die streng uit- en invoervereistes moet voldoen. "Naspeurbaarheid was lankal reeds die sleutel in die bedryf. Voortaan sal dit en die nakoming van internasionale voorskrifte en standaarde egter 'n groter invloed hê om die sukses van onder meer die plaaslike pynappelproduksie te bepaal."

Die Badenhorst-boerdery se pynappels word deur die jaar op 'n ad hoc-grondslag deur plaaslike en internasionale laboratoriums getoets om te verseker dat geen skadelike stowwe in die pynappels voorkom nie.

Mnr. Piet de Jager, voorsitter van Hluhluwe se Queen-pynappel-reklamevereniging, sê ongelukkig het pynappels onlangs vir al die verkeerde redes aandag gekry weens die onaanvaarbaar hoë vlakke van kadmium in sekere geblikte vrugte. "Die aandag was geregverdig, aangesien ons as produsente die veiligheid van die verbruiker as uiters belangrik ag en slegs veilige vrugte wil produseer."

Hy sê daar moet onderskeid getref word tussen die produksie in verskillende streke en die onderskeie kultivars.

"Ons produseer die kultivar Queen Victoria in Hluhluwe. Dié kultivar en die kultivar Cayenne van die Oos-Kaap het nie net fisieke verskille nie, maar die gebruik en produksiepraktyke verskil ook hemelsbreed." Cayenne word hoofsaaklik in die voedselverwerking (blik en sap) gebruik, terwyl Queen byna net vars verbruik word.

Die meeste van ons produsente voer vars vrugte uit na die Europese Unie, Brittanje en die Verenigde Arabiese Emirate en is daarom geakkrediteer deur die Eurepgap-standaard vir vars produkte. Hierdie streng stel praktyke verseker dat die verbruiker ten alle tye verseker is van voedselveiligheid en naspeurbaarheid."

Hy sê al die lede van sy vereniging het onderneem om hul vrugte vrywillig aan onafhanklike toetse te onderwerp om te bepaal of die kadmium-vlakke, indien enige, binne die toegelate vlakke val.

Landbouweekblad, 27 Julie 2007

0
 
 
  • 2562 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boereworspasta
  • 'Gee grond aan plaaswerkers'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction