Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Rawsonville-leuens-niemand-nog-gestraf

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Rawsonville-leuens: Niemand nog gestraf

 
Deur LUCILLE BOTHA

Byna 'n jaar nadat vier Rawsonville-boere valslik van die verkragting van 'n plaaswerker-vrou beskuldig is, het geregtigheid nog nie geseëvier om die sondaars aan die pen te laat ry nie.

Adv. Nicolette Bell, adjunk-direkteur van openbare vervolging (DOV), het gesê sy het meer as 'n maand gelede reeds 'n beslissing gemaak. Die lêer is egter nog by adv. Rodney de Kock, Wes-Kaapse DOV, vir goedkeuring.

De Kock was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Me. Annalien Davids het beweer sy is op 30 April 2006 deur vier boere en 'n plaaswerker verkrag. Haar 15-jarige vriend, Anthony Ntonzeni, is glo met 'n ysterstaaf aangerand en sy hande met sy skoenveters vasgebind. Hy is ook glo agter 'n bakkie deur 'n rivier gesleep.

Davids het later erken alles was leuens om "die boere se plase en geld" te bekom. Sy is deur die organisasie Women on Farms aangevuur om voet by stuk te hou.

Die onafhanklike klagte-direktoraat het in 'n verslag, wat aanvanklik van die media weerhou is, aanbeveel insp. Matthew Ntshanga van die Ceres SAPD moet vir regsverydeling aangekla word. Davids en 'n vriendin, me. Beverly van Rooyen, moet volgens dié verslag ook vir meineed en regsverydeling aangekla word.

Die DOV moes 'n beslissing hieroor maak, maar sloer reeds maande lank.

Een van die boere, wat anoniem wil bly, sê hy wil antwoorde hê.

"Die waarheid is reeds uit, maar daar word steeds vrae gevra. Die skuldiges moet in die hof uitkom."

Mnr. Carl Opperman, hoof-uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap, sê hulle het 'n "wye, indringende gesprek met die menseregtekommissie (MRK) gehad oor onder andere Rawsonville.

"Ons het baie hard en duidelik gesê ons het na die MRK gegaan om hulp te kry om die saak op te los sodat ons weer 'n gebalanseerde samelewing kan hê. Ons wag om te sien wat vorentoe gaan gebeur."

4 Oktober 2007

0
 
 
  • 2011 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kompetisie tussen boerbokke en beeste vir weiding
  • Vereniging vir Australiaanse Beeshonde
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction