|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
In 'n sterk aanduiding dat die Regering sy siening oor steun aan die landbousektor herbesin, het die DG van Grondsake 'n opstopper na die Wêreldhandelsorganisasie gemik en gesê "ons moet sterk wees en ons boere beskerm".
In 'n onderhoud met Farming SA, susterstydskrif van Landbouweekblad, was mnr. Tozi Gwanya uitgesproke oor die WHO. "Ons (die regering) het toegegee aan die wense en reëls van dié organisasie. Hulle skryf aan ons voor om nie ons boere te ondersteun nie, en ons doen dit, terwyl Europa en Amerika steeds hul boere subsidieer.
"Al wat ek sê, is dat ons sterk moet wees en ons boere moet beskerm. Malawi het teruggegaan na die WHO en die Wêreldbank en gesê daar is geen manier waarop hulle nie hul boere gaan ondersteun nie, en vandag het hulle hul produksie-uitset verdubbel.
"Ons kan nie op die kantlyn kan staan en kyk hoe ons boere sukkel nie."
Op 'n vraag hoekom die ANC se manifes feitlik niks oor die kommersiële landbousektor noem nie, sê Gwanya "soos hulle in die Bybel sê, is die dokter nie nodig onder die gesondes nie, maar definitief onder die siekes en lydendes."
Die fokus in kommersiële landbou is op transformasie en verandering. Ek moet egter beklemtoon dat ons moet sorg dat ons voorbly met die uitdagings wat kommersiële boere in die gesig staar. Die Departement van Handel en Nywerheid help byvoorbeeld voortdurend boere en uitvoerders met internasionale handels- en tariefkwessies."
"Kommersiële boere kan nie oorbeklemtoon word nie; dit is 'n feit dat hulle vandag ons voedsel in Suid-Afrika verskaf."
27 Februarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24