Onderverdeling van landbougrond

  • Registrasie van afgesnyde plaas wat gekoop is

    Deur Jan Bezuidenhout

    Die Akte-oordragprokureur het die volgende dokumente nodig om by die aktekantoor vir registrasie in te dien : ‘n Belastinguitklaringsertifikaat dat alle belasting ten opsigte van die onderverdeelde gedeelte ten volle opbetaal my die Munisipaliteit is; ‘n Sertifikaat uitgereik deur die Munisipaliteit ingevolge Art 137 van die Lupa-wet tot die effek dat alle munisipale vereistes wat […]

  • Wil gedeelte van plaas adverteer en laat afsny

    Deur Jan Bezuidenhout

    Die Wet op Onderverdeling van Landbougrond, Wet 70 van 1970 is op die onderverdeling van landbougrond van toepassing: Die wet bepaal dat geen gedeelte van landbougrond verkoop mag word, of ʼn opsie vir die verkoop daarvan aan ‘n ander verleen mag word, sonder dat die Minister van Grondsake eers ‘n permit wat die onderverdeling goedkeur, […]

  • Verdeling van grond

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Ek het vantevore daarop gewys dat landbougrond se onderverdeling onderhewig is aan die bepalings van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond, wet 70 van 1970 – die wet bepaal dat geen onderverdeling van landbougrond verkoop mag word alvorens die Minister van Grondsake ‘n permit daarvoor uitgereik het nie. Indien dit in u geval nog nie gebeur […]

  • Hersonering van landbougrond

    Deur Jan Bezuidenhout

    Om hersonering van Landbougrond te verkry vir enige ander soneringsdoeleindes is ‘n baie moeisame en duur proses en neem lank – in hierdie dae ongeveer 3 jaar tot 5 jaar. Dit word gewoonlik gedoen waar dorpsgrense vergroot word en landbougrond hersoneer en onderverdeel word vir woon – en besigheidserwe. Soos reeds genoem is die proses […]

  • Onderverdeling van plaas

    Deur Jan Bezuidenhout

    Die reëling waarna u verwys in terme waarvan u ‘n gedeelte van u buurman se plaas van hom sal koop, behels inderdaad ‘n onderverdeling van landbougrond en die bepalings van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970 is daarop van toepassing. Die Wet bepaal dat ‘n plaas nie onderverdeel mag word sonder dat die […]

  • Koop van onverdeelde aandeel in plaas

    Deur Jan Bezuidenhout

    Voor die wet  op Onderverdeling van Landbougrond se inwerkingtreding in 1970, kon mede-eienaars landbougrond in onverdeelde aandele besit soos hier deur u genoem. U meld dat u ongemak met die idee van van mede-eienaarskap ondervind en eerder aan die koper wil voorstel dat sy gedeelte van die grond onderverdeel en afgesny word ten einde sy […]

  • Vrae oor waterregte op grond wat te koop is

    Deur BUTCH VAN BLERK

    U meld nie wat die bron is waarvandaan die groter plaas sy water bekom nie. U moet vasstel of dit van ‘n besproeiingskema afkomstig is en indien wel, moet die nodige reëlings vir u waterrregte tydens die sluiting van die koopkontrak met die Besproeiingsbeheerliggaam in plek geplaas word. In ‘n geval soos hierdie sal dit raadsaam wees […]

  • Afsny van 34 ha landbougrond

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Volgens die verduideliking hier,  is dit twee afsonderlike stukke grond, elkeen met sy eie kaart/diagram, wat gehou word kragtens een transportakte. As dit korrek is dat die Minister se toestemming vereis word om die twee stukke  grond afsonderlik te verkoop , is daar gewoonlik ’n voorwaarde tot hierdie effek in die transportakte opgeneem wat stipuleer […]

  • Verhuring van grond met huurpag

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Indien ’n  boer  gedeeltes van sy landbougrond wil verhuur vir periodes van 99 jaar, behels dit in terme van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond , ‘n  onderverdeling, waarvoor die Minister van Landbou se toestemming benodig word. Daar sal ook afsonderlike kaarte/diagramme deur ‘n landmeter voorberei moet word wat deur die Landmeter-generaal se kantoor goedgekeur […]