Paaie

  • Voorkeer van mense op openbare pad

    Deur BUTCH VAN BLERK

    U meld dat die pad ‘n publieke pad is – publieke paaie ressorteer onder die Paaie Ordonnansie 19 van 1976. Daaringevolge mag geen hindernis of obstruksie op die pad aangebring word wat enige reg van die publiek aantas nie. Die publiek moet dus oor die reg tot “unfettered access” tot sodanige paaie beskik. Indien hindernisse […]

  • Bure wil pad deur plaas gebruik vir besigheid – ek weier

    Deur Jan Bezuidenhout

    ‘n Vergunning van ‘n reg van weg kan ná gereelde en openlike gebruik vir ‘n periode van 30 jaar ingevolge die Verjaringswet, ‘n serwituut ten gunste van die gebruiker se eiendom vestig. Het die vorige eienaars dit op só ‘n wyse gebruik vir 30 jaar of langer, het hul heel waarskynlik so ‘n serwituut ten gunste […]

  • Skuif van ‘n ondergeskikte pad

    Deur BUTCH VAN BLERK

    ‘n Ondergeskikte pad resorteer onder die jurisdiksie van u plaaslike munisipaliteit (vroeër jare die Afdelingsraad) en dit is die enigste instansie wat beheer daaroor uitoefen. Dis dan waarskynlik ook hoekom die SAPS die hekke verwyder het en dit was waarskynlik op die munisipaliteit se versoek. U buurman het gevolglik nie die reg om die pad […]

  • Toegangspad na plaas vol versperrings

    Deur BUTCH VAN BLERK

    U meld “ek woon op ‘n binneplaas met as enigste toegangspad ‘n 2-spoorpad van 4,5km oor ‘n aantal ander plase, reeds meer as 60 jaar in gebruik, maar nie ‘n serwituutpad nie”. U kan kennis daarvan neem dat hierdie pad toe hy  vir langer as 30 jaar gebruik is om  die binneplaas of plase te […]

  • Reg van weg op hoewe en elektrisiteit

    Deur BUTCH VAN BLERK

    U noem dat die hoewe wat u geërf het, die een is waarop u ouma se woonhuis staan, so ons aanvaar dat dit ook die hoewe was waarop sy gewoon het. U meld dat dat daar nou gesê word dat die pad wat toegang na die hoewe verleen oor bure se grond loop en dat daar […]

  • Buurman weier my toegang tot my grond

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Indien hierdie roete reeds meer as 30 jaar as enigste roete gebruik word, het dit ‘n serwituutpad (reg van weg) ten gunste van die grond wat u huur gevestig en is u geregtig om dit te gebruik. Indien ’n serwituutpad nie gevestig is nie, kan u steeds die pad as noodweg (“way of necessity”) gebruik […]

  • Hek op serwituutpad na plaas

    Deur BUTCH VAN BLERK

    In die geval van ‘n serwituutpad het die eienaar van die grond die reg om hekke daarop aan te bring om sy vee te beheer. U kan een van twee moontlikhede volg en dit is om die eienaar van die grond te versoek of hy sal toestem dat u op u eie koste ’n motorhek […]

  • Ondergeskikte pad deur plaas

    Deur BUTCH VAN BLERK

    ’n Ondergeskikte pad ingevolge die Paaie Ordonnansie is ’n geproklameerde openbare pad en kan dus deur die breë publiek gebruik word. Die eienaar oor wie se grond die pad loop, kan dus nie die toegang beheer nie. Voorbeelde is gewoonlik grondpaaie wat toegang tot plaaseiendomme verleen en loop dikwels oor redelike ver afstande oor ’n […]

  • Die reg van weg

    Deur BUTCH VAN BLERK

    U meld dat die serwituut soos wat dit tans loop oor u grond wel geregistreer is. Registrasie beteken dat dit in die Aktekatoor plaasgevind het en so op u transportakte ge-endosseer is.  Die geregistreerde roete kan dus nie sonder toestemming van beide partye verlê word nie. Indien u bereid sou wees dat die geregistreerde roete […]