Sonde met die bure

  • Sonde met die (lawaaierige) bure!

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Plattelandse grond ressorteer ook deesdae onder die jurisdiksie van munisipaliteite. Dis die rede hoekom u ook soos elke plaaseienaar en dorpenaar ʼn munisipale rekening vir belastings ontvang. Munisipaliteite het meestal (u munisipaliteit behoort dit ook te hê) regulasies wat die orde binne die gebied van so ʼn munisipaliteit beheer. Een van daardie regulasies het betrekking […]

  • Glyskaal vir Eskom-krag op landgoed?

    Deur Jan Bezuidenhout

    Ek veronderstel u verwys na ʼn maatskappy sonder winsbejag wat geregistreer word om die huiseienaars van ‘n groepbehuisingsontwikkeling te verteenwoordig – dikwels word so ʼn vereniging (maatskappy) as vereiste gestel deur die plaaslike owerheid by goedkeuring en sonering van so ʼnn groepbehuisingsontwikkeling – die maatskappy bestuur dan die ontwikkeling namens die individuele eienaars. Een besliste moontlikheid is dat die […]

  • Buurman bou op ons grond: Wat nou?

    Deur Jan Bezuidenhout

    In sowel die Verjaringswet van 1943, asook die een van 1969, word twee vereistes vir verkrygende verjaring gestel : ‘n Persoon wat die grond weens verjaring verkry, moet dit reeds fisies besit. Die besit van die saak (of stuk grond) moet vir  ‘n ononderbroke tydperk van 30 jaar uitgeoefen word. Volgens die uitleg van die 1943 […]

  • Sonde met die buurman se melkstal

    Deur Jan Bezuidenhout

    Wat betref die oprigting van strukture, soos geboue op plase, bestaan daar geen moontlikheid meer dat so iets sonder enige vooraf goedgekeurde bouplan opgerig mag word nie. Indien wel, is dit ‘n verbreking van die wetgewing wat daarop betrekking het en kan afgebreek word. Die rede is voorts dat die plaaslike munisipaliteit daarop geregtig is om […]

  • Snotsiekte: Beesplaas skakel om na wildplaas

    Deur Charl van Rooyen

    ‘n Eienaar wie se beeste vrek as gevolg van ‘n oordraagbare siekte (snotsiekte) wat  deur ‘n buurman se wildebeeste versprei word, is geregtig om sy verliese van daardie buurman te eis. Die bedrag ter sprake is sy geldelike verlies gely, weens die vrektes. Ten einde sy skade te bewys moet die eienaar kan aantoon dat die […]

  • Buurman se pyplyn oor my grond

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Daar is ‘n regsreël wat vandag nog geld en al sedert die tyd van die Romeinse Reg bekend staan as spoliasie. In plein Afrikaans beteken dit die versteuring van iemand anders se besit van ‘n reg. Die reël bepaal ook dat as ‘n persoon iemand anders se reg op besit versteur, ‘n hof hom sal gelas […]

  • Gemaksugtige BK-lid wil niks bydra

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Die regte en verpligtings onderling tussen lede van ‘n BK word normaalweg by wyse van ‘n samewerkingsooreenkoms gereël. Indien die lede hier op só ‘n wyse ooreengekom het, behoort daar nie probleme met die interpretasie van elkeen se verpligtings te wees nie. Indien geen so ‘n ooreenkoms bestaan nie, het jy dus die toestemming van ‘n lid […]

  • Familie bly op plaas, dra niks by tot uitgawes

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Dit is inderdaad so dat die suster en swaer oor geen reg wat in die aktekantoor geregistreer is, beskik ingevolge waarvan hulle op die plaas mag bly nie en sulke persone sou normaalweg wel van die plaas af by wyse van ‘n uitsettingsproses  afgesit kan word. Plaaseienaars kan hulle wel egter vasloop teen die bepalings […]

  • Nalatigheid met veldbrand

    Deur BUTCH VAN BLERK

    Alle grondeienaars  – munisipaliteite ingesluit – word ingevolge die Wet op Veld- en Bosbrande verplig om brandbane te maak en in stand hou om wegholbrande te keer. ‘n Oortreding van die wet kan daartoe ly dat ‘n grondeienaar verplig word om vir die skade veroorsaak deur die brande te betaal. U beste uitweg in hierdie […]