|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Vyf rekordpryse is op 'n wildveiling waar grootste verskeidenheid van skaars en bedreigde wildsoorte wat nog in Suid-Afrika aangebied is.
Die vertroue wat wildboere in dié bedryf het, is die afgelope naweek beklemtoon tydens 'n wildveiling wat Saterdag, 8 September 2007, op Bela-Bela in die Limpopo-provinsie aangebied is. Die veiling het gespog met die grootste verskeidenheid van skaars en bedreigde wildsoorte wat nog in Suid-Afrika aangebied is.
Die verkopers was vyf van die mees bekende wildboere in die Limpopo-provinsie: Tony en Richard Morton, Jaques en Carolien Malan, Johan en Nadien Bosch, Edwin en Heleen Claassesn en Wicus en Hanlie Coetzer.
Vyf nuwe Suid-Afrikaanse rekordpryse is vir van die skaarser wildsoorte betaal. Kopers van oor die hele land het die veiling bygewoon.
Van die pryse was: Lichtenstein Hartebeeste behaal tot R110 000 stuk, , 'n wit renosterkoei is vir R400 000 van die hand gesit, Hartwater Springbokke behaal tot R8 500 stuk, Livingstone Elande tot R35 000 en Goue Wildebeeste tot R170 000 stuk.
Altesaam 161 stuks wild het vir 'n omset van R10,5 miljoen rand van eienaar verwissel.
Ander wild wat ook goeie pryse behaal is, is R23 000 stuk vir Tsessebes, R150 000 stuk vir Bastergemsbokke, siektevrye buffels wat tot R200 000 stuk behaal het en swartwitpense wat vir tot R165 000 stuk verkoop is. Swart rooibokke is vir tot R38 000 stuk verkoop terwyl Zambiese Swartwitpense vir tot R140v000 stuk verhandel is.
'n Aanbod van R900 000 vir 'n renosterbul met 'n horing van drie en dertig duim, is nie aanvaar nie.
10 September 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24