|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
As meer as 30 vroue help skil aan die pampoen en die 75-jarige oom Albert van Schalkwyk met sy hoekslyper en draadborsel moet ook help, is die Guinness-wêreldrekord vir 'n pampoenpastei van 920 kg in gedrang.
Dít het die naweek in Kleinfontein kort duskant Rayton gebeur op die jaarlikse Landboukorrels-boeredag. Die gesamentlike inisiatief van TLU SA en Radio Pretoria het dit ten doel gehad om 'n nuwe rekord op te stel vir die wêreld se grootste pampoenpastei, skryf Leon Botha op Beeld se webwerf.
Klik hier om na foto's van dié groot gebak te kyk.
Voorbereiding vir die hubbard-pampoene is Vrydag gedoen en dan sou die reuse-oond, wat 8,4 m x 2 m meet, eergister omstreeks 07:00 aangesteek word. Die aanslag op die wêreldrekord vereis dat die hele pampoenpasteiproses op een plek afspeel.
Die geskilde pampoen het die skaal op 685 kg getrek.
Dan was daar ook 100 liter melk, 240 dosyn eiers, 5 kg speserye, 25 kg vlapoeier, 150 kg suiker en die kors, wat 285 kg (nat) geweeg het.
Die oond, wat spesiaal vir die pastei gebou is, het 54 gasbranders en bestaan uit 12 dele wat aanmekaar gelas is om 'n volledige oond te vorm. Die pan is van aluminium gemaak en die hele kontrepsie weeg 980 kg.
Die pampoen is eers in repe gesny met 'n bandsaag, geskil, gekook en gemaal, het mnr. Louis Meintjies van die TLU gesê.
"Ons het die oond eergister om 07:00 aangesteek en hou die pastei maar kort-kort dop. As die pastei so stadig bloep-bloep maak, weet ons ons is op die regte pad."
Teen 13:40 is die branders afgesit en 'n pampoenkenner of twee van die gebied het proefhappies kom neem en die groen lig gegee. Die goudgeel gereg is met kaneelsuiker afgerond.
Die bakkers moet 'n verslag opstel oor hul poging en saam met die verslae van onafhanklike waarnemers instuur. Die rekord behels die gaar gewig van die pastei.
Maar geskiedenis is nie-amptelik gemaak: 'n Stewige pampoenpastei van 1 150 kg het sy staan op die Rayton-vlakte gekry.
15 Oktober 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24