|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Rooivleisbedryf het 'n statutêre heffing met 'n oorweldigende meerderheid van 80 % aanvaar.
Op die kongres van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) verlede week in Pretoria is die mosie wat deur die Wes-Kaapse RPO ingestel en deur die affiliaal in Noordwes gesekondeer is, per stembrief afgehandel met 20 % stemme daarteen.
Die saak sal nou weer voor die Landboubemarkingsraad dien. Dié raad het onderneem om teen einde Julie 'n aanbeveling aan die Minister van Landbou te maak.
Die kongres versoek die Minister van Landbou om " 'n proporsionele statutêre heffing, soos aanbeveel en voorgelê deur die Rooivleisbedryfsforum, spoedeisend goed te keur" sodat dit so gou moontlik in werking gestel kan word.
Die voorsitter van die RPO sal van 2006 af op die nasionale kongres deur lede verkies word en nie meer deur die uitvoerende raad nie.
'n Voorstel is aanvaar dat die grondwet dienooreenkomstig gewysig word, asook dat verenigings 'n proporsionele persentasie stemreg (tot die persentasie ledegeld betaal) by só 'n verkiesing sal hê. Dit beteken verenigings waar ledegeld ten volle betaal is, se stem sal swaarder weeg as dié van verenigings waar dit nie die geval is nie.
Die verkiesing van die ondervoorsitters sal steeds by die uitvoerende raad berus.
23 Julie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24