|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Wetsontwerp op Verbruikersbeskerming is onlangs deur mnr. Mandisi Mpahlwa, Minister van Handel en Nywerheid, in die Staatskoerant gepubliseer. Belanghebbendes word nou versoek om voor 26 Mei voorleggings daaroor in te dien.
Dié wetsontwerp het ten doel om 'n billike, toeganklike en volhoubare markplek vir verbuikersprodukte en dienste te bevorder. Die vestiging van nasionale norme en standaarde oor verbuikersbeskerming, verbeterde standaarde vir inligting aan verbruikers en om onbillike en onregverdige mark- en ondernemingspraktyke te kelder, word ook met die wetgewing nagestreef. Die bevordering van verantwoordelike verbruikersgedrag en die vereenselwiging van verbuikerswetgewing word ten doel gestel.
Verder poog die wetsontwerp om 'n Nasionale Verbruikerskommissie op die been te bring en sekere bestaande wetgewing soos die Wet op Ondernemings van 1991 en die Wet op Prysbeheer van 1964 te herroep.
Die wetsontwerp erken die noodsaak daarvan om die regte van voorheen benadeelde individue uit te brei en hul volle deelname as verbruikers te bewerkstellig. Verder word klem gelê op die beskerming van regte van alle verbruikers en ook om uiting te gee aan die verbuikersregte wat wêreldwyd erken word.
Voorlegings kan aan mnr. Magauta Mphahlele van die Departement van Handel en Nywerheid se verbruikers- en korporatiewe reguleringsafdeling, Private sak X4, Pretoria gestuur word. Of per faks by 012 394 2526 of per e-pos: Mmphahlele@thedti.gov.za.
28 April 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24