Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Sa-arbeidsre

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

SA arbeidsre

 
JEAN-MARIE DE WAAL

SA arbeidsomgewing nie rigied — kenner

Suid-Afrikaanse werkgewers kan regtig nie kla dat die arbeidsomgewing té rigied en onbuigbaar is nie. In teendeel — as gekyk word na die groot toename in tydelike arbeid wys dit werkgewers het in 'n mate aangepas.

Só sê prof. Guy Standing, 'n Britse spesialis van arbeid en ekonomie wat deur mnr. Membathisi Mdladlana, Minister van Arbeid, aangestel is om die Suid-Afrikaanse arbeidsbeleid te ondersoek en te kyk of dit buigbaar genoeg is om tot werkskepping by te dra.

Hy het 'n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir arbeid gedoen. Die volledige verslag oor arbeid in Suid-Afrika sal glo in Junie aan die Minister oorhandig word. Dit bevat 'n breedvoerige hoofstuk oor arbeid binne die landbou.

Standing sê met die ontwikkeling van die plaaslike arbeidsbeleid moes sleutelfaktore, soos die buigbaarheid van die arbeidsmark en die insluiting van lae inkomstegroepe, oorweeg word.

Hy meen egter die armste mense het aan die kortste ent getrek. Met die ontwikkeling van 'n buigsame arbeidsmark, moes 'n struktuur vir die beskerming van lae inkomstegroepe opgestel word. Dit het nie gebeur nie en sedert 1996 lyk dit vir hom asof "die stem van die kwesbare mense" ál dowwer word.

In China en Indië, net soos in Suid-Afrika, woed dieselfde debat of hul arbeidsmark té rigied gereguleer is. In dié lande meen hulle dié faktor is die oorsaak vir groei sonder werkskepping — 'n siening wat ook in Suid-Afrika posgevat het. "Te veel mense in Suid-Afrika wil die beeld skep dat 'n onbuigbare arbeidsbeleid bestaan. Dit is skadelik."

Kwesbare groepe moet weer ingesluit word, want dit is ál hoe maatskaplike en ekonomiese regte en produktiwiteit verbeter kan word, sê hy.

Mnr. Thembinkosi Mkalipi, senior uitvoerende bestuurder van arbeidsverhoudinge by die Departement van Arbeid, sê sy departement se hersiening van plaaswerkerlone volgens die sektorale vasstelling het begin en moet teen Maart volgende jaar voltooi wees. Die huidige vasstelling wat oor drie jaar strek, loop eersdaags ten einde.

Landbouweekblad, 18 Mei 2007

0
 
 
  • 1833 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Seekospastei met broodkors
  • Sjokolademousse
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction