|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die produksie van voedsel in Suid-Afrika hou nie tred met die groeiende vraag nie, sê die Nasionale Landboubemarkingsraad in die Suid-Afrikaanse Voedsel-Oorsig, wat pas gepubliseer is.
Luidens die verslag het landbouproduksie van 1991 tot 2007 met net 10% gestyg, terwyl die bevolking met 32% vermeerder het. Dit sluit nie onwettige immigrante in die land in nie.
Die bevolkingsgroei het landbouproduksie dus heeltemal uitgestof, lui die verslag.
Die verslag wys daarop dat stygende produksiekoste, samespanning met pryse en 'n gebrek aan beleggings in die landbou, soos op plaasvlak en by navorsing en ontwikkeling, 'n rol in dié toedrag van sake gespeel het.
28 Oktober 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24