Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Sa-kry-dalk-min-vir-wolmerk

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

SA kry dalk min vir Wolmerk

 
THEUNS BOTHA

Hoewel daar nog gewag word vir die finale syfers, behoort sowat R15 miljoen aan Suid-Afrika betaal te word ná die uitgerekte geding oor die waarde van die Wolmerk. Dié kwessie met Australië sloer al amper tien jaar ná die ontbinding van die Internasionale Wolsekretariaat (IWS).

In 'n beskrywingspunt op die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se kongres in Port Elizabeth is versoek dat die Wolraad se likwidasiekomitee volledig verslag doen oor sy werksaamhede. Dié komitee is reeds twee jaar gelede ontbind.

Na aan leiding van die punt het mnr. Hendrik van Zyl, voorsitter van Cape Wools, gesê hy is spyt dat die direkteure van Cape Wools nie 'n vertroulikheidsklousule in dié verband onderteken het nie. Dan sou hy minstens op hoogte gewees het van wat agter die skerms gebeur en hoe die situasie bestuur moes gewees het.

'n Skikking is in 2000 tussen Cape Wools en The Woolmark Company (TWC) bereik wat bepaal het dat sowat R48 miljoen (A$11,4 miljoen) Suid-Afrika toekom vir sy aandeel in die intellektuele eiendom van die ontbinde IWS. 'n Regsgeding is egter 'n jaar later aanhangig gemaak nadat 'n onafhanklike Londense waardeerder, Thayne Forbes (wat deur die likwidasiekomitee aangestel is), beraam het dat die waarde van die Wolmerk ongeveer R2,6 miljard (sowat AS$652 miljoen) was en nié die A$11,6 miljoen wat KPMG daarop geplaas het nie.

In die geding wat in die Victoriase hooggeregshof in Australië aangehoor is, is KPMG vir "misleidende en bedrieglike" optrede gedagvaar. 'n Eis van sowat R212 miljoen (A$53 miljoen) is vir Suid-Afrika se bydrae tot die finansiering van die Wolmerk sedert 1960 tot 1996 ingedien.

Dié geding (wat Suid-Afrika miljoene rand aan regskoste uit die sak gejaag het) is later buite die hof geskik. Een van die bepalings was dat 'n vertroulikheidsklousule onderteken moes word en daarom kon die volle besonderhede van die geding nie openbaar word nie.

Volgens Van Zyl het Cape Wools onlangs 'n versoek ontvang om drie filiale van die IWS in die buiteland af te teken. "Ons het finansiële state aangevra aangesien ons nie bereid is om iets af te teken wat tot voordeel van die Suid-Afrikaanse wolbedryf kan wees nie". Ten spyte van vyf briewe wat aan mnr. Barry Walker, voorsitter van die Australian Wool Inovations (AWI), gerig is, is geen reaksie van hom ontvang nie.

"Dit is kommerwekkend dat as ons die Australiërs geld geskuld het, hulle op ons nekke sou lê. Die feit dat hulle nie reageer nie, mag 'n aanduiding wees dat dit bates kan wees."

Die Reserwebank moet nog net die tjek (van R15 miljoen) teken. "Die geld is in 'n buitelandse rekening en sal, sodra alles afgehandel is, aan die Woltrust oorbetaal word." Die kongres het gevra dat die geld vir die bevordering van wol geoormerk sal word.

Landbouweekblad, 15 Junie 2007

0
 
 
  • 1086 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Regulasies gaan wildbedryf ru
  • Produksiekoste kan bly knyp
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction