|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Mieliepryse in Suid-Afrika is besig om saam met skerp stygende mieliepryse in Amerika boontoe te beur, met goeie opwaartse potensiaal, sê kenners.
In Amerika, die wêreld se grootste mielieprodusent, het lae voorrade, hoër verbruik, biobrandstofaanlegte, asook lae temperatuur met planttyd die afgelope paar weke tot kwaai stygings in die Amerikaanse mielieprys gelei.
Die onlangse vloede in Iowa, Minnesota, Illinois en Indiana - ook bekend as Amerika se "mieliegordel" - het oesverwagtinge verder laat daal en pryse opwaarts aangevuur. Die vloede en die uitwerking op boerdery-inkomste, mieliepryse en -voorrade was verlede week groot nuus in Amerika.
In die New York Times en St. Petersburg Times meen ontleders die Amerikaanse mielieprys, ongeveer $7,50 per skepel (sowat R2 400 per ton), kan eersdaags tot $10 per skepel (R3 200/t) styg.
"Plaaslike pryse nog laag"
Volgens inligting op Graan SA se webruimte was die invoerpariteitsprys vir Amerikaanse wit mielies teen druktyd R4 100/t (geland in Randfontein) en R3 800/t vir geel mielies. Die uitvoerpariteitsprys was sowat R2 400/t vir wit mielies en R2 100/t vir geel mielies.
Aangesien Suid-Afrika vanjaar sowat 11,8 miljoen ton mielies gaan produseer - amper 4 miljoen ton meer as die jaarlikse verbruik van 8 miljoen ton - geld die uitvoerpariteitsprys.
Verlede week was die Safex-prys vir geel en wit mielies teen druktyd onderskeidelik R2 100/t en R2 000/t - ietwat laer as uitvoerpariteit.
Mnr. Jannie van Heerden, besturende direkteur van Farmwise, glo vergeleke met Amerikaanse pryse wat sedert Junie verlede jaar byna verdubbel het, is plaaslike pryse nog laag. Hy sê Suid-Afrikaanse mielies verhandel sowat R200 per ton te laag.
Dit is 'n diskonto in wêreldmarkte vanweë surplusproduksie in Suid-Afrika. Volgens hom is dit ook vanweë die feit dat Safex-kontrakte 'n limiet van R45 per dag het, vergeleke met die Chicagose beurs wat met $0,30 per skepel - sowat R90 per ton - kan styg.
19 Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24